Egte Kulturele Safari - Aktiwiteite
Timbavati, Groter Kruger

Umlani Bushcamp fokus daarop om gaste die heel beste wildbesigting van die Timbavati en haar oorvloed leeus, luiperd, olifant en buffels, te bied.

Wildbesigtiging

Hulle kundige gidse sal vir jou opwindende wildbesigtings kry terwyl hulle vir jou alles oor die flora en fauna asook die erfenis van die omgewing verduidelik. Daar is twee besigtigingsritte per dag. Die eerste rit is vroeg in die oggend en die tweede is laatmiddag sodat gaste met ’n skemerkelkie in die hand kan ervaar hoe die landskap se kleure verander.

Na ontbyt is daar altyd ’n gids byderhand om gaste met ’n bos wandeling die Groot Vyf te voet te wys. Hierdie eko-boskamp in die Timbavati bied uitmuntende voëlkyk geleenthede vir gaste om sommige van die meer as 300 voëlspesies van die area te sien. Daar is ’n voëlskerm wat oor ’n klein watergat uitkyk en fotografiese toerusting kan gehuur word.

Bos Uitslaap

Gaste het die opsie om een aand in Umlani Bushcamp se voëlskerm, ingerig vir ’n aand onder die sterre, te slaap. Na aandete word gaste met ’n gids na die voëlskerm vergesel en die volgende oggend voor ontbyt weer opgetel. Die voëlskerm kyk oor ’n dam, waar olifante en leeus gereeld kom drink, uit. Raak aan die slaap met die geluide van die diere onder by die water terwyl jy veilig tussen die takke lê en staan op met die son wat oor die Afrika laeveld wakker word.

Alternatiewe Aktiwiteite

Umlani Bushcamp is weggesteek in die hartjie van die laeveld maar naby genoeg aan die dorp om deel te neem aan aktiwiteite buite die Timbavati Wildreservaat. Gaste kan die Mpumalanga area vanuit die lug beleef met ’n uur-lange mikrovlug oor die Klaserie Reservaat of met ’n vroegoggend warmballon safari.

By hierdie eko-boskamp in die Timbavati is daar ook die opsie om die plaaslike dorp, Ringetani, te gaan besoek. Hier sal gaste voorgestel word aan traditionele danse, traditionele Afrika kos en ’n besoek aan ’n traditionele geneesheer en sjebien. Die Moholoholo Rehabilitasie Sentrum en die TSAU Wit Leeu Navorsingsentrum is ook naby geleë, asook die wêreld-beroemde Hans Merensky golfbaan waar gaste op die unieke baan saam met die inwondende kameelperd, seekoei en krokodil ’n potjie golf kan speel.