Egte Kulturele Safari
Timbavati, Groter Kruger

Umlani Bushcamp is onpretensieus en eko-vriendelik en bied jou die geleentheid om die betowering van die Timbavati Privaat Wildreservaat te beleef.

Hoogtepunte

Eko-vriendelik; maak gebruik van volhoubare produkte, praktyke & is gesertifiseer met FTT (Fair Trade Tourism)
Gebruik sonkrag en werk op 100% alternatiewe energie
Ingesluit is die opwindende keuse om in ’n boomhuis, wat oor ’n dam uitkyk, te oornag
Spandeer ’n middag in ’n voëlskerm met groot gemaklike kussings en ’n koelboks
Fotografiese toerusting te huur

Jou Ervaring

Hierdie eko-boskamp in die Timbavati bied ’n outentieke Afrika avontuur aan, waar gaste die ongerepte natuur kan geniet. Umlani Bushcamp is ’n beeldskone lodge wat van natuurlike materiale gemaak is en ontwerp is om in die omliggende omgewing weg te smelt.

Die traditionele hut-styl akkomodasie is gemaak van riet en grasdakke. Dit is die perfekte plek vir reisigers wat onder die radar wil uitkom asook van die hordes toeriste wil wegbreek. Daar word wel na die akkommodasie verwys as ‘hutte’, maar aan die binnekant wag sagte linne en gemaklike beddens op jou.

Dit is ruim en gemaklik en jy sal verseker nader aan die natuur voel. Hierdie eko-boskamp in die Timbavati werk sonder elektrisiteit. Die kersligetes en kerverligte paadjies terug na jou rondavel voeg ’n onpretensieuse romantiese gevoel aan die lodge. By Umlani Bushcamp is die fokus op die wildlewe en die Afrika bosveld ervaring.

Wildbesigtigingsritte en bos wandelinge moet nie misgeloop word nie en na die tyd word prys-wenner maaltye op die rivierbed bedien. Spring in die verfrissende swembad in, ontspan onder die inheemse bome en geniet ’n drankie om die boma vuur voor aandete by hierdie eko-boskamp in die Timbavati bedien word.