Egte Kulturele Safari - Jou Verblyf
Timbavati, Groter Kruger

Hierdie eko-boskamp in die Timbavati akkommodeer gaste in Afrika-geinspireerde hutte wat van riet en grasdakke gemaak is.

Jou kamer

Elkeen het ’n en-suite badkamer en verfrissende buite stort. Hierdie hutte is simplisties, warm en het ’n romantiese atmosfeer. Die hutte is gemaklik ingerig met wit beddegoed, gedrapeerde muskietnette en minimalistiese en traditionele dekor.

Elke hut het standaard geriewe en ’n privaat stoep waar jy oor die onaangeraakte Afrika bos kan uitkyk. Die standaard hutte slaap twee gaste en die familie hut slaap vier gaste. Daar is ook ’n eko-rondavel wat slim ontwerp is om in die natuurlike wildernis weg te smelt, wat ook twee gaste kan slaap.

Lodge Fasiliteite

By hierdie eko-boskamp in die Timbavati is daar ’n sentrale eetarea en kroeg waar gaste ’n seleksie van Suid-Afrikaanse wyne en ander verversingsdrankies kan geniet.

Hulle kroeg en aansluitende stoeparea bied ’n uitsig oor die watergat en daar is ook ’n swembad om in af te koel op ’n warm somersdag. In die aand kan gaste om die traditionele boma vuur ’n drankie geniet terwyl aromatiese geure in die lug hang.

Aandete kan ook in die bos bedien word. Die lodge gebruik geen elektrisiteit nie en gaste kan daarom uitsien na ’n hemelruim soos nog nooit van te vore gesien is nie. Daar is ook ’n aandenkingswinkel om ’n stukkie van Umlani Bushcamp huistoe te vat. Kinderoppassers en wasgoed dienste kan ook deur die kamp se personeel georganiseer word.