Ervaar Ware Rustigheid - Aktiwiteite
Thula Thula Private Game Reserve, KwaZulu-Natal

By hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal sal ervare gidse en spoorsnyers jou op opwindende safari’s in oop 4x4-voertuie neem deur die diverse landskap.

Wildbesigtigingsritte

Hier sal jy heel moontlik groot wild besigtig, insluitende buffel, olifant, seekoei, luiperd, renoster, kameelperd, hiëna, krokodil en fantastiese voëllewe.

By die tent kamp kan jy ’n oggend bos wandeling en middag wildbesigtigingsrit daagliks verwag. By die Elephant Safari Lodge kan jy een oggend en een middag wildbesigtigingsrit, asook ’n bos wandeling daagliks verwag.

Bos Wandelinge

Wandelinge in die bos gee jou die geleentheid om Afrika van die grond af te ervaar, met beskerming van jou professionele gids. Op hierdie wandelinge ervaar jy die bos, eerder as om dit net te gevaar. Jy is op die dier se terrein en ervaar die wêreld op sy terme.

Dit is ’n belewenis! Hierdie wandelinge is rustig en informatief. Jy hoef nie top-fiks te wees nie en die gids kan die wandeling aanpas om jou behoeftes te akkommodeer. Hierdie wandelinge is ’n goeie opsie vir voëlkyk liefhebbers. Bring jou verkyker saam, daar is meer as 200 spesies in die omgewing!

Zulu-Gemeenskap Toer en Boma Ete

By hierdie wild safari lodge in KwaZulu-Natal word kulturele toere van die plaaslike Zulu-gemeenskap aangebied. Hierdie toere sal jou ’n dieper insig gee oor die plaaslike tradisies en gewoontes. Die toer sluit ’n besoek aan die sangoma-skool in, asook die geleentheid om unieke tradisionele kunsvlyt te koop.

Eet onder die sterre in die boma. ’n Tradisionele Suid-Afrikaanse braai of potjie aande word gereeld in die boma aangebied. Op jou aanvraag kan Zulu dansers van die nabye gemeenskap tradisionele Zulu danse kom optree.

Kook-klasse en Sjampanje Pieknieks

By Thula Thula Wildreservaat sal die gidse jou neem na ’n afgesonderde deel van die reservaat vir sjampanje en ’n gourmet piekniek middagete in die rustigheid van die bos. Jy kan ook deelneem aan die kook-klasse wat ontwerp is deur die Franse eienaar en opgeleide sjef, Francoise Malby-Anthony.

Die sjefs van Thula Thula verseker dat Thula Thula onthou sal word vir die kos, net soveel soos wat dit onthou sal word vir die rustigheid van die kamp.