Ervaar Ware Rustigheid
Thula Thula Private Game Reserve, KwaZulu-Natal

Thula Thula Privaat Wildreservaat is geleë in KwaZulu-Natal en bied akkommodasie in luukse tente en grasdak chalets, met eksepsionele wild besigtigings.

Hoogtepunte

Private wildreservaat en lodge met groot wild,  in die hartjie van Zululand
Aandwildbesigtigingsritte
Sjampanje pieknieks, kook klasse en gourmet maaltye
Wildbesigtigingsritte, bos wandelinge en Zulu-gemeenskap besoeke
Tradisionele boma maaltye en masseeringsterapie.

Jou Ervaring

Die eerste historiese ontmoeting tussen Shaka en sy pa (Senzangakhona), wat die vertrekpunt van die Zulu nasie was, het hier op die Nseleni-rivier plaasgevind. Dit is ook waar Thula Thula Wildreservaat gebou is.

Geleë in die hartjie van Zululand, Thula Thula beteken rustigheid en vrede in Zulu en som hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal perfek op.

Dit is ’n spesiale plek. Met ’n oorvloed wild wat jy op wildbesigtigingsritte en bos wandelinge kan sien. Jy sal ook jou eie bos toevlug ontdek by die elegante Elephant Lodge luukse grasdak suites, of die tent akkommodasie. Kinders van alle ouderdomme is welkom en paartjies en wittebrood reisigers sal die intimiteit van die plek geniet. 

Die vriendelike en toegeweide personeel verwelkom jou met ’n warm glimlag. Uitstekende diens kan verwag word by Thula Thula Wildreservaat. 

En die kos? Die Zulu aandete en wildvleisbraai om die kampvuur sal die hoogtepunte van jou verblyf wees. Dit sluit in ’n seleksie van heerlike tradisionele Zulu geregte wat op die vuur in yster potte gekook word.