Sielvolle Wildernis - Aktiwiteite
Thanda Safari Privaat Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Op hierdie safari ervaring in KwaZulu-Natal neem ervare Zulu gidse jou uit op opwindende wildbesigtigingsritte in oop 4x4-voertuie om die wild te sien.

Wildbesigtigingsritte

Ontdek die 14,000 hektaar opsoek na buffel, jakkals, olifant, seekoei, jagluiperd, renoster, vlakvark, sebra, kameelperd, hiëna, krokodil en ’n verskeidenheid voëllewe.

Wildbesigtigingsritte gaan in die oggend en in die aand uit. Elke wildbesigtigingsrit het ’n breek wat gewoonlik die hoogtepunt van die rit is. Met sonsopkoms word heerlike vars koffie en tuisgebakte beskuit bedien en met sonsondergangs ’n glasie wyn, biltong en lekker olywe.

Bos Wandelinge

Wandelinge in die bos gee jou die geleentheid om Afrika te voet te ervaar, veilig met jou gewapende gids en spoorsnyer. Stap safari’s fokus gewoonlik op die kleiner diere van die eko-sisteem.

Bos wandelinge laat jou toe om die bos met al jou sintuie te ervaar. Op hierdie avontuur is jy op die dier se terrein en ervaar jy die wêreld op sy terme. Dit is ’n belewenis!

Wild Fotografie Kurses

Thanda het ’n inwonende wild fotograaf, Christian Sperka. Hy is ’n kenner wanneer dit kom by die perfekte oomblik afneem. In ’n 90-minuut sessie sal hy jou leer hoe om ’n digitale kamera op te stel vir wild fotografie en jou voorstel aan stadige fotografie – die beste manier om wild op kamera vas te vang.

Thanda Spa

Daar is twee unieke spa’s by die privaat wildreservaat om jou te help ontspan. Die bekende behandeling is ’n kombinasie van westerse tegnieke en antieke Zulu holistiese praktyke. Zulu vrouens sal jou masseer en beter laat voel, sodat jy gesond sal voel.

Ander spa behandelinge sluit in ’n reeks skoonheidsbehandelinge, masserings, refleksologie, liggaambehandelinge, hidro-terapie behandelinge, was-behandelinge, manikure en pedikure.

Kinders

Thanda's Bucks & Bugs Klub verseker dat jou kinders gelukkig en vermaak gehou sal word, sodat jy en jou geliefde die aktiwiteite op aanbod by die reservaat kan geniet. Die oomblik wat die kinders arriveer, sal hulle ’n pakkie ontvang wat hulle sal help om Thanda te ontdek – op ’n veilige wyse.

Op die ‘Junior Rangers Course’ kan hulle leer hoe om spoor te sny, wild te bekyk, spore te identifiseer asook voëls en plante te lees. Aan die einde van hulle verblyf sal hulle ’n sertifikaat vir die program ontvang.