Sielvolle Wildernis - Jou Verblyf
Thanda Safari Privaat Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Thanda Safari Lodge is bekend vir sy beeldskone bos suites – elk apart vir absolute privaatheid.

Safari Lodge

Ontwerp in die vorm van ’n tradisionele Zulu nedersetting. Elke suite het ’n ruim ontspanningsarea en hoof slaapkamer met ’n dubbelbed en kaggel.

Die badkamer is ingerig met moderne fasiliteite, asook ’n ovaalbad en binne- en buitelugstorte. Daar is ’n persoonlike kroeg, kluis en lugverkoeling.

Geriewe

Speletjies en boeke
Private plonspoel
Private Boma maaltye
Buitelug ontspanning Sala
Sonplatvorm
Wynkelder
Biblioteek
Besigheidsarea
Spa

Villa iZulu

Villa iZulu kan tot 10 gaste in 5 suites akkommodeer. Elke suite het sy eie private besigtigingsplatvorm en badkamer. Die hoofslaapkamer het ’n buitelug Jacuzzi en ’n uitsig oor die private watergat. 

Die gemeenskaplike area is die eetkamer en ruim ontspanningsarea, ’n moderne kombuis, tradisionele boma en vuurput en stoepe. Daar is ook vele plekke vir vermaak, insluitende ’n speletjieskamer, private besigheidsarea, buitelug gimnasium, ’n verhitte swembad (met ’n kinderswembad), ’n wynkelder en ’n buitelug dek met ’n uitsig oor die watergat.

Geriewe

Wynkelder
Poeletjie en klein waterval
Gas braai
Biblioteek
Besigheidarea
Speletjieskamer
Patio Gimnasium
Tafeltennis
Veerpyltjies
Private Heli-pad
Private Wild besigtigingsvoertuig en gids
Persoonlike Villa sjef
Private Villa huishoudster en kelner

Thanda Tented Camp

Thanda Tented Camp bied ’n ontspannende safari ervaring. Dit bestaan uit ruim tente, elk met ’n private sonplatvorm en en-suite seildoek badkamers. Jabula Tent is veral gepas vir bruidspaartjies, wittebroodreisigers, families of gaste wat slegs opsoek is na beeldskone akkommodasie.

’n Koning-grootte bed, aparte ontspanningsarea en plonspoel het ’n uitsig oor die reservaat. Dit is ’n plek van geluk. Om tot die ware bos atmosfeer te voeg is die kamp minimaal geëlektrifiseer en maak eerder van vuurlig en lampies gebruik.

Geriewe

Persoonlike kroeg
Kamerkluis
Sonplatvorm
Buitelugstort
Dubbele wasbak
Dakwaaier
Spa

Kinderbeleid

Thanda Safari Lodge: Twee kinders onder die ouderdom van 16-jaar mag ’n suite met twee grootmense deel. Villa iZulu: Kinders tot en met die ouderdom van 16-jaar word toegelaat om te deel.

Thanda Tented Camp: Geen kinders onder die ouderdom van 8-jaar word geakkommodeer nie. Een kind onder die ouderdom van 16-jaar mag met twee grootmense deel.