Thanda Safari Privaat Wildreservaat bied ’n outentieke Suid-Afrikaanse wild ervaring aan, met Zulu-kultuur elemente en ’n passie vir konservasie.
Verskeidenheid wild, insluitende jagluiperd, olifant, buffel, renoster en oorvloed voëlspesies
Wildfotografie-sessies waar jy jou vaardigheid kan verbeter
Bos wandelinge en wildbesigtigingsritte met
Zulu spoorsnyers en gidse
Tradisionele buitelug boma aandetes en private spa
Keuse tussen 3 akkommodasie opsies, met kinder-vriendelike opsies beskikbaar
Thanda Safari Privaat Wildreservaat is bekend vir hul betekenisvolle safari ervaringe en nabye besigtinge van Suid-Afrika se manjifieke wild. Die Kruger Park is nie die enigste plek waar jy die Groot 5 kan opspoor nie. Hierdie safari ervaring in KwaZulu-Natal gee jou die geleentheid om ’n reeks wild, insluitende die jagluiperd, hiëna en selfs die bedreigde Afrika wilde hond te sien.
Jy sal verlief raak op die wildernis en Thanda se passie om dit te preserveer. Jou keuse om by Thanda Safari Privaat Wildreservaat te bly beteken dat jy outomaties tot hul konservasieprojekte, van die Wildlands Conservation Trust, na die Project Rhino tot die Black Rhino Expansion projek bydrae.
Daar is drie akkommodasie opsies om van te kies, elk met sy eie atmosfeer en aantrekking: Thanda Safari Lodge, Villa iZulu en Thanda Tented Camp. Hier sal jy iets vind wat jou behoeftes sal pas. Op hierdie privaat reservaat kan jy gerus wees van totale intimiteit, sonder die toeriste hordes wat om besigtinge saamdrom soos in die Kruger.
Thanda Safari Privaat Wildreservaat wys ook hul respek teenoor die Zulu-kultuur en herkoms. Gaste word ook uitgenooi om ’n tradisionele nedersetting en sangoma te besoek.