Perfekte Familie Keuse - Jou Verblyf
Tala Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Daar is akkommodasie opsies om van te kies; Aloe Lodge - die hoofarea van Tala, Paperbark Lodge – ’n ou gerestoreerde stal met eerste-klas suites, of Mahogany House.

Jou Kamer

Leadwood Lodge
Hierdie 5-ster lodge het ’n fontein en ’n poeletjie en groot glasdeure. Daar is 4 slaapkamers, ’n wynkelder, raadskamer, ontspanningsarea en eetarea, lees area, kombuis en ’n dek area met ’n randlose swembad.

Aloe Lodge
Agt gemaklik gemeubileerde kamers met ’n badkamer en-suite is geposisioneer om die lodge se natuurlike en lieflike Aloe tuine. Die Tala Restaurant, Tala Boma en iDube Konferensiekamer is almal hier geleë en is daarom die ideale plek vir konferensies, spesiale geleenthede en toer groepe.

Paperback Lodge
Paperbark Lodge sentreer om ’n beeldskone gerestoureerde stal met ’n groot kaggel, gepolitoerde vloere en terug-vou vensters vir natuurlike lug en ventilasie. Aandetes word onder die sterre in die Paperbark Boma bedien. Die kamers is eenvoudig, dog dramaties en is gedekoreer met wildlewe skilderye en hout afrondings. Hierdie lodge is gebou om ’n oop grasvlakte met ’n uitsig wat strek oor die res van die reservaat. Die rotspoel is binne stap afstand en die eerste-klas suites het ruim badkamers met ’n bal-en-klou bad en hemelbed.

Mahogany House
Mahogany House is langs aan Paperbark Lodge. Dit is die oorspronklike plaashuis wat versigtig gerestoreer was om die essensie van die vervloë era te bewaar. Ses slaapkamers, met badkamers en-suite, lei uit op ’n sentrale area en tipiese plaashuis stoep met ’n uitsig oor die tuin. Die rots swembad is slegs ’n paar treë weg en die Paperbark Restaurant is net om die draai.

Fig Tree Lodge
Fig Tree Lodge is naby ’n watergat geleë. Fig Tree Lodge het 4 dubbelkamers en een presidensiële suite. Al die kamers het lugversorging en is om die kroeg area ontwerp, wat dit ideaal maak vir konferensie verblyf of familie vakansies.