Perfekte Familie Keuse - Aktiwiteite
Tala Wildreservaat, KwaZulu-Natal

By hierdie reservaat, neem ervare Zulu gidse jou uit op opwindende wild besigtiging-safari’s in oop 4x4-voertuie.

Wildbesigtigingsritte

Hier het jy die geleentheid om diere soos renoster, seekoei, kameelperd, sebra, wildebees, vlakvark, buffel en ’n verskeidenheid voëls te sien. Wildbesigtigingsritte gaan in die oggend en aand uit en is die ideale geleentheid om naby aan die wild te kom en ’n uitstekende foto te neem.

Bos Wandelinge en Pieknieks

Bos wandelinge by Tala Wildreservaat is ’n moet-doen aktiwiteit. Tala se landskap is perfek vir die wat uitsien daarna om bietjie te stap. Terwyl jy buite in die natuur te voet is, kan jy jou pad vind na die Hippo Hide. Daar kan jy ’n gemaklike plekkie vind en na die inwonende trop seekoeie kyk.

Die piekniekplek het ablusie geriewe en daar is ’n swembad wat jou op die hittige somerdae sal afkoel. Braai fasiliteite is beskikbaar. Moenie verbaas wees as jy ’n dier verby jou sien loop nie.

Trou

Tala Wildreservaat naby Durban is die droom agtergrond met verskeie liggings vir ’n trou safari in Suid-Afrika:

Acacia: Hierdie private en populêre trou bestemming bied ongelooflike uitsigte en ’n heerlike houtplatvorm wat na ’n watergat toe lei.
Figtree: Die Fig Tree Barn is manjifiek, met hand gekerfde kandelare en elegante plaashuis elemente. Figtree spog ook met ’n karaktervolle steen kapel en ’n gras tuin. Hierdie asemrowende bestemming is gepas vir groot troues.
La Tala Restaurant: Hierdie is ’n romantiese en intieme ervaring, afgerond met feetjieliggies, klip kaggel en ’n grasdak kroeg.
Leadwood Lodge: Hierdie vyf-ster lodge is ingerig vir ’n klein en eksklusiewe seremonie in ’n beeldskone omgewing. Daar is ’n toegewende sjef wat jou ete ekstra-spesiaal sal maak.
Paperbark: Kan tot 50 akkommodeer en is persoonlik en privaat. Hierdie lodge het sy eie kamer vir funksies met ’n kroeg en kosmaak fasiliteite. Die perfek onderhoue tuin is altyd rustig en beeldskone tuin troues kan hier gehou word.

Wittebrood

Geen troue is volmaak sonder die indulgensie van ’n onvergeetlike wittebrood nie. Hierdie reservaat bied romantiese nagte in heerlike wittebrood suites aan by Leadwood, Aloe, Figtree, Paperbark en Mahogany. Al die suites is beeldskoon en privaat en sal gaste bederf ten midde van die magiese omgewing.

Warmlugballonvaarte

Tydens jou besoek aan Tala Wildreservaat kan jy ’n lugballonvaart onderneem. Dit neem plaas gedurende sonsopkoms - die beste tyd van die dag wanneer die windstrome op hul kalmste is. Jou vaart sal veilig en ontspannend wees. Hierdie rustige toere sal jou ’n uitsig oor die reservaat van 300m bo die reservaat bied.