Perfekte Familie Keuse
Tala Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Tala Wildreservaat bied akkommodasie aan wat jou begroting en behoeftes sal pas, geleë in ’n intieme omgewing van die diverse KwaZulu-Natal.

Hoogtepunte

’n Verskeidenheid wild, insluitende olifant, buffel, renoster, jagluiperd en ’n oorvloed voëllewe
Twee-daaglikse wildbesigtigingsritte en Zulu-gemeenskap besoeke
Kombinasie van oop grasvlaktes, acacia-velde en vleiland bied uitstekende wild besigtiging
Verskillende akkommodasie opsies en Tala Restaurant op die perseel
Acacia venue te huur vir tot 100 gaste

Jou Ervaring

Tala Wildreservaat is ’n wild paradys van oor 3000 hektaar. Die reservaat is relatief klein in vergelyking met die res van Suid-Afrika se reservate, maar om hierdie rede bied dit gaste ’n intieme en afgesonderde ervaring. Hier kan jy die toeriste busse en helder stad ligte ontduik.

Tala Wildreservaat bestaan uit diverse natuurlike omgewings, in sluitende acacia-velde, oop grasvlaktes en vleiland. Die reservaat is die tuiste van meer as 380 voëlspesies en 20 spesies bokspesies soos oribi, bosbok en steenbok. Wild is hier in oorvloed.

Hierdie reservaat is aktief by konservasie betrokke. Hul anti-stroopprojek werk saam met ’n ander eenheid om die inwonende renosters te beskerm. Mahogany House is die oorspronklike gerestoureerde plaashuis met stoepe wat uitkyk oor die vlaktes.

Maaltye word by Tala Restaurant bedien. Vind vir jou ’n plekkie langs die vuur. Die twee platvorms aan beide kante van die restaurant kyk uit oor die bos en die inwonende wild wat somtyds tot reg langs jou kom snuffel, terwyl jy aan die heerlike disse proe. Maaltye kan aangepas word om jou dieetversoeke in ag te neem.