Studente by Die Universiteit van Kaapstad Neem Deel aan die ‘Laat Mandela Vry’-Veldtog

© Dr Peter Magubane
Studente van die Universiteit van Kaapstad neem deel aan een van die vele ‘Laat Mandela Vry’-veldtogte wat gedurende die 1980’s gehou is.
Die 'Laat Mandela Vry'-studente optogte aan die Universiteit van Kaapstad (UK) in die 1980's was 'n belangrike deel van die vryheidsbeweging in Suid-Afrika. Die optogte het die opsluiting van politieke gevangene Nelson Mandela op Robbeneiland betwis. Die studente van die Universiteit van Kaapstad het, ten spyte van hul ras- en kulturele verskille, bymekaargekom om die nasie uit te daag om vryheid en gelykheid vir almal aan te neem.

Die Universiteit van Kaapstad was as 'n liberale universiteit tydens die Apartheidsera bekend. UK het swart studente aanvaar om daar te studeer en die Groepsgebiedewette geïgnoreer deur hulle in koshuise op kampus te laat woon. UK-studente was daadwerklik teen oud-premier PW Botha, sy onderdrukkende wette en die noodtoestande waarin Suid-Afrika was, gekant. Studente van verskillende rasse en kulture het op die trappe van die universiteit bymekaar gekom en vredeliewend teen Apartheid, onderdrukkende wette en die gevangenis van Nelson Mandela geprotesteer.

Die optogte is gewoonlik met polisie-inmenging gegroet en studente moes hulself teen slae van polisiemanne se sjamboks beskerm en weghardloop as die polisie by die toneel aangekom het. In die meeste gevalle was die optogte vreedsaam bedoel en hulle wou daardeur vir die publiek hul geloof in vryheid, gelyke regte en die einde van Apartheid demonstreer.

"Ek verloor nooit nie. Ek wen of leer." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more