Sprawling Duneweed
Kinkelbos

Naam

Kinkelbossie

Latynse naam

Tetragonia fructicosa

Beskrywing

'n Uitgestrekte, plat plant met 'n rooi stam. Die blare is sappig, plat en ovaal. Die blomme is klein, met 'n kroon van geel meeldrade. Grootte: Blare 20 mm lank.

Habitat

Hierdie plant is geneig om die voorste duine heetemal toe te groei. Die stingel, blare en vrugte is bedek met geswelde selle wat die plant 'n glinsterende voorkoms gee en kan help om waterverlies te verminder.

Vrugte

Viervlerkig

Verwante Spesies

Tetragonia decumbens is soortgelyk maar het kleiner, drievlerkige vrugte.

Veldnotas

Die Kinkelbos word deur vee en wild geëet en is 'n uitstekende bron van vog in droë kusgebiede. Die plant is ook een van die beste stabiliseerders van duine.