Spotted Sandveld Lizard
Gevlekte Sandveldakkedis

Naam

Gevlekte sandveldakkedis (Nucras intertexta)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Lacertidae

Lengte

Beide geslagte: 80 – 90 mm

Beskrywing

Die gevlekte sandveldakkedis is ’n groot sandveldakkedis, gewoonlik met ’n gevlekte rug en ’n oranjebruin stert. Die rug is ligbruin tot rooibruin met ’n reeks dowwe kolle wat dalk ’n swart rand kan hê of ineensmelt om ’n ruitjiespatroon of onreëlmatige dwarsstrepe te vorm.

Verspreiding

Die gevlekte sandveldakkedis word in suidelike Mosambiek, mees noordelike KwaZulu-Natal en vanaf die Kalahari-streek na die Kaokoveld in Noord-Namibië aangetref.

Voortplanting

2 - 8 Eiers wat in Februarie – Maart uitbroei word gelê en die jong gevlekte sandveldakkedisse is ongeveer 60 mm lank.

Dieet

Die gevlekte sandveldakkedis eet spinnekoppe, skerpioene en tot selfs ander akkedisse.