Soles
Tongvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Tongvis

Wetenskaplike naam

Soleidae

Grootte

Tot 30 cm

Identifikasie

Plat, blaar-agtige liggaamsvorm. Rug-, bors- en anale vinne bedek al die kante van die liggaam tot by die stertvin. Kleur varieer. Sankleurig met bruin, swart geel of blou vlekke of lyne en kolle vir kamoeflering. Onderkant nie gepigmenteer.

Algemene Inligting

Die Soleidae familie bestaan uit 27 genera en 135 spesies. Bodemlewend. Word bilateral simmetries gebore (oë aan weerskante van die kop), maar die linkeroog beweeg na bo sodra die larwe op die bodem vestig. Bedek hulleself met sand as lokval vir die prooi. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van ander visse en ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle genatigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Moses sole - Pardachirus marmoratus
Peacock sole - Pardachirus pavoninus
Sand tonguefish - Cynoglossus capensis