Elegance and Simplicity - Aktwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Singita Ebony Lodge spog met ’n wye verskeidenheid aktiwiteite - die berugste natuurlik die wildbesigtigingsritte op ’n oop 4x4-voertuig.

Wildbesigtigingsritte

Die oop 4x4-safari-voertuie gee jou ’n panoramiese uitsig van die bos. Slegs 6 mense word per voertuig toegelaat, sodat daar spasie vir fotografiese toerustig en verkykers is. Voertuie kan ook aan gaste wat ’n privaat wildbesigtigingsrit op hul Suid-Afrikaanse safari wil onderneem, uitgehuur word.

Wildbesigtigingsritte in die aand is die perfekte geleentheid om die nagetelike diere van die bos te sien. Gidse maak van hul helder flitsligte gebruik om die meer skugter diere, soos die sivetkat, muskeljaatkat en ratel, te vind en uit te wys. Wanneer die hitte van die dag gaan lê, kom roofdiere soos leeu, luiperd, hyena en rooijakkels ook uit...

Bos Spa

Gaste kan met behandelings van hul keuse deur opgeleide terapeute gepamperlang word in die privaatheid van hul eie kamer of in die Bos Spa.

Daar is ’n verskeidenheid behandelings vir paartjies beskikbaar. Gaste kan kies en keur tussen ’n Lomi-Lomi massering, warmklip-terapie, Afrika kop massering of refleksologie. Avontuurlustige gaste kan die Groot Vyf behandeling kies. Hierdie behandeling is twee ure lank en twee terapeute werk saam op een persoon!

Vir die Kinders

Hierdie kindervriendelike safari lodge in die Sabi Sands bied vermaaklike aktiwiteite vir kinders aan soos bordspeletjies, wildprogramme en selfs ’n bak en brou sessie met die sjefs. Die “Mini Rangers”-program is ’n opvoedkundige kurses waar kinders ’n sertifikaat aan die einde kan kry. Kindervriendelike aktiwiteite sluit spoorsny, paddakyk, blom persing, ’n skoenlapper soektog, sterrekyk en natuurvasvrae in.

Singita Aktiwiteite in ’n Neutedop

Begeleide bos wandelinge Oggend en laatmiddag tot aand wildbesigtigingsritte Bos Spa en Gimnasium Inkopies by die “African Trading Store” Bergfietsry Gemeenskapstoere