Elegance and Simplicity
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie lodge is ’n idilliese rusplek vir ’n familie safari in die Sabi Sands Wildreservaat, geleë in die Kruger Nasionale Park.

Hoogtepunte

Wildbesigtigingsritte, begeleide bos wandelinge en vergeselde bergfiets avonture
Luuks, gemaklik en stylvol - elke suite het sy eie plonspoel
Besigtigingsdekke oor die rivierbank gelig, met ononderbroke uitsigte oor die Sand Rivier
“Mini Rangers”-program vir klein verkenners sowel as ander kinder aktiwiteite
’n Uitgebreide wynkelder met uitmuntende wyne vir die mees oordeelkundige palet

Jou Ervaring

Singita Ebony Lodge bied kontemporêre tent-geïnspireerde akkomodasie aan wat oor die Sand Rivier uitkyk. Vernoem na die ebbehout in die ontwerp, die gebou se gebruik van khaki en seil vang die karakter van ’n traditionele safari in Suid-Afrika vas.

Antieke meubels en rietdakke skep die atmosfeer vir ’n safari ondervinding in die hartjie van die natuur se speelgrond. Hierdie kindervriendelike safari lodge in die Sabi Sands verwelkom jong gaste van alle ouderdomme maar die lodge bied ook romantiese afsondering vir paartjies en wittebroodsreisigers. Wees op die uitkyk vir leeu troppe, luiperds, olifante, wilde honde, buffels asook die skaarse vlei-uil, ’n nagetelike roofvoël. Bos wandelinge bied gaste die geleentheid om hul tyd te vat en in nabye aanraking met die natuur te kom.

Tussen wildbesigtigingsritte deur kan jy ook gaan boogskiet, bergfietsry of die plaaslike gemeenskap besoek. Jy kan ook slegs by die Bos Spa gaan lê en gepamperlang word of dalk in die gimnasium gaan oefen. Hierdie kindervriendelike safari lodge in die Sabi Sands bied ’n “Mini-Rangers”-program wat jou kinders, met ’n verskeidenheid stimuleerende aktiwiteite, gelukkig en vermaak sal hou.