Elegance and Simplicity - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Gaste by Singita Ebony Lodge word in 12 luukse suites geakkommodeer waarvan 2 aanlopende familie-suites is.

Jou Kamer

Elke suite het ’n verhitte plonspoel, wildbesigtigingsdek, tweesydige kaggel en ’n en-suite badkamer met ’n glas voorkant. Die familie-suites is ideaal vir klein kinders en sluit ’n hoofslaapkamer en dubbel kamer (albei en-suite), ’n sitkamer met ’n kaggel, privaat besigtigingsdek en ’n verhitte plonspoel in.

Die twee onafhanklike familie-suites kan aanlopend verbind word deur toegang tot ’n addisionele ontspanningsarea, swembad en ’n stoep om sodoende ’n persoonlike lodge-binne-’n-lodge te skep. Hierdie lodge-binne-’n-lodge opsie sluit die opposionele gebruik van ’n private safari voertuig en gids, sjef en butler in. Perfek vir klein groepe of multi-generasie families op safari.

Fasiliteite

Singita Ebony Lodge spog met ’n ontspanningsarea en buitelug houtdek, wat oor die riverbank gelig is, waar gaste die uitsig oor die Sand Rivier kan inneem of middagete geniet.

Daar is ook ’n bar area en opelug boma, perfek vir aandete onder die sterre. Jy kan van die gimnasium, spa, biblioteek (met rekenaars en internet toegang) sowel as die lodge se verhitte swembad gebruik maak.