Eksklusiewe Luukse Safari - Aktiwiteite
Singita Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Singita Castleton is geleë in die eksklusiewe Sabi Sand Wildreservaat, ’n prima omgewing vir wildbesigtiging.

Wildbesigtiging

Die Sabi Sand Wildreservaat is bekend vir hoë-konsentrasie wild wat die area bevolk. Wildbesigtigingsritte word op ’n daaglikse basis aangebied in die vroegoggend en laatmiddag. Bos wandelinge en bergfietspaaie is ook beskikbaar vir diegene wat meer avontuurlustig is.

Aktiwiteite vir Kinders

By Singita Castleton sal die kinders besig gehou word en leer oor die fantastiese Afrika-bos. Anders as ’n safari spesiaal vir kinders, is daar boogskietlesse, kosmaak, kuns en ’n prettige Mini Rangers-kursus! Ten einde die veiligheid van jou kinders te verseker, is hulle deelname aan wilbesigtigingsaktiwiteite onderhewig aan die diskresie van die gids. Safaristaptoere en geleide bergfietsry word aangebied vir kinders ouer as 15-jaar.

Private Wynkelder

’n Private wynkelder op die perseel bied private wynproesessies aan. Singita Castleton se bekroonde kelders vertoon van Suid-Afrika se beste wyne.

Gemeenskapsbesoeke

Besoek die plaaslike gemeenskappe in die Sabi Sands Wildreservaat vir ’n kulturele en verrykende ervaring vir die hele familie. Ervaar die daaglikse lewe van die plaaslike mense wat al vir eeue lank in hierdie manjifieke omgewing gewoon het.

Eetervarings in die Bos

Singita Castleton bedien heerlike disse. Jy kan by die kombuis inloer en deelneem aan ’n bietjie informele kook- en baksessies. In die aande kan gaste by die tradisionele boma ontspan wat pragtig verhelder word deur lanterns. Geniet sterreryk in naghemel, terwyl jy die varsgemaakte fees wat voorberei word in die verte kan ruik.