Eksklusiewe Luukse Safari - Jou Verblyf
Singita Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Jou verblyf by Singita Castleton sal gevul wees met die beste luukshede en gemak in Singita Sabi Sand.

Jou Kamer

Hierdie eksklusiewe lodge het private en intieme kothuisies met ’n plattelandse-gevoel. Die gedetailleerde dekor laat dit soos ’n huis weg van die huis voel. Die afwerkings weerspieël ’n gevoel van huislike luuksheid en sofistikasie.

Die kothuise is almal apart geleë sodat elkeen privaat is. Meeste kothuise by Singita Castleton akkommodeer twee mense en die kothuise wat deur deure gekoppel is, is ideaal vir families met jong kinders.

Die hoofhuis, geskik vir sosiale byeenkomste, is in die middel van die lodge en die kamers is toegerus met alles van Wi-F tot omsetters en al die lodge se geriewe is maklik toeganklik. Private gidse, huisgasheer, sjef en huishoudingpersoneel is beskikbaar om te verseker dat jou familie of groep die beste moontlike ervaring het.

Geriewe

Trampolien
Spa op perseel
Wi-Fi
Private tennisbaan met paviljoen
Gimnasiumfasiliteite
Volle satelliettelevisie en DVD in die hoofhuis
Boogskiet
Bergfietsry
Kinderoppasdienste
Swembad
Private boma met ononderbroke watergatuitsigte
Kosher- en Halaalkos beskikbaar met vooraf reëling