Eksklusiewe Luukse Safari
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Singita Castleton is ’n eksklusiewe luukse safari-akkommodasie wat die perfekte familie wegbreek in die Afrika-bos bied.

Hoogtepunte

Familiesafari’s - vir kinders van alle ouderdomme met aktiwiteite wat aangepas word vir elke familie
Geleide wildstaptoere, wildbesigtigingsritte en gemeenskapsbesoeke
Ononderbroke uitsigte van die nabygeleë watergat
Geleë in die eksklusiewe Sabi Sands Wildreservaat - wonderlik vir wildbesigtiging
‘n Eksklusiewe lodge met ’n wynkelder, boetiekgallery, private gimnasium en tennisbane op die perseel

Jou Ervaring

Singita Castleton bied die beste luukse akkommodasie vir ’n Afrika familiesafari-ervaring. Hierdie lodge, besit deur ’n familie en geleë in die eksklusiewe Sabi Sands Wildreservaat, bied unieke verblyf wat jou nader aan die natuur sal bring.

Singita Castleton, met die hoofdoel om wild in die beeldskone Sabi Sands Wildreservaat te bewaar, beoog om die ryk natuurlike erfenis van die omgewing te bewaar. Geniet hierdie familiesafari ’n opbeurende en opvoedkundige ervaring.

Die hele familie kan wonderlike geriewe geniet en tussendeur die omgewing verken. Spesiale aktiwiteit en safari’s sorg vir ’n veilige omgewing vir jou kinders. Grootmense kan die luukse safari-ervaring in die magnifieke Sabi Sands onder die leiding van opgeleide kenners ontdek.

Verblyf hier is gemik op ’n groei- en leerervaring vir jou en jou familie. Gaste kan hulsef vereenselwig met die natuurlik ritme van die Afrika wild wat al vir eeue oor hierdie land heers. Verryk jou lewe, verstand en siel op hierdie ontdekkingsreis en deel dit met jou geliefdes.