Side-striped Jackal
Witkwas Jakkals

© Shem Compion

Naam

Witkwas Jakkals (Canis adustus)

Voorkoms

Hierdie jakkals is ‘n nagdier, lyk baie soos ‘n hond, en sy kop en lyf lengte is saam tussen 600-800mm. Sy stertlengte is 300-400mm. Skouerhoogte is hulle van 400-500mm en hulle het ‘n massa van 7-12kg. Die Witwas jakkals is skamerig en word selde waargeneem. Die witkwas jakkals is groter as die meer algemene Rooi Jakkals. Hulle het n grys tot liggeel kleurige pels en is donker op die rug. Op die sye is swart en wit strepe. Die donker stert het gewoonlik ‘n wit punt en hulle het donkergeel ore.

Dieet

Die sukses van hierdie omnivoor spesie kan toegeskryf word aan sy vermoë om van ‘n verskeidenheid kossoorte te leef soos wat hy sy dieet aanpas aan die omgewingstoestande. Die dieet sluit in klein soogdiere, aas, vrugte, graan, reptiele, eiers en voëls. Die witkwas jakkals is minder roofsugtig as die Rooi Jakkals.

Teling

Paring vind normaalweg gedurende Junie-Julie plaas, maar kan ook regdeur die jaar plaasvind. Na ‘n swangerskap periode van 57-64 dae, sal ongeveer vier tot ses kleintjies gebore word gedurende Augustus tot November. Die vorige werpsel help met die grootmaak van die nuwe werpsel. Verlate termiet hope en leë erdvark gate word gewoonlik gebruik as vesting. Beide ouers help met die grootmaak van die kleintjies. Hulle bring kos na die werpsel of braak voedsel vir die kleintjies elke twee tot drie ure gedurende die nag.

Gedrag

Gedurende die broeiseisoen bly die paartjies na aan mekaar. Hul is ‘n baie gebieds gebonde spesie en elke gebied word beheer deur ‘n vaste paartjie en hul jongste werpsel. Werpsels sal uiteindelik versprei en hul eie gebiede vind. Die witkwas jakkals bewoon oop velde.

Waar word hulle aangetref

In Suid-Afrika strek hul verspreiding vanaf Noord KwaZulu-Natal tot Mpumalanga, die Noordelike Provinsie en Swaziland.

Veldnotas

Die witkwas jakkals voed uitsluitlik op vrugte van die seisoene en sal dikwels sy dieet toewy aan die beskikbaarheid gedurende bepaalde seisoene. Die witkwas jakkals teiken selde groot prooi en is sodoende nie 'n bedreiging vir veeboere soos die Rooi Jakkals nie.