Huislike Luuksheid - Aktiwiteite
Sibuya Wildreservaat, Oos-Kaap

By Sibuya Wildreservaat kan jy op ’n opwindende wildbesigtigingsrit uitgaan en die inwonende trop leeus gaan opspoor.

Wildbesigtigingsritte

Daar mag dalk ook ’n olifant om daardie eerste draai wag... Die beste tyd vir diere besigtiging is in die vroeg oggend of in die laat middag, wanneer die diere meer geneig is om rond te beweeg. Sibuya Wildreservaat is die tuiste van die Groot 5, asook sebra, vlakvark, en kameelperd.

Daar is ’n verskeidenheid bokke wat op die reservaat woon, van eland tot duiker, asook die rare Oribi en bontebok. Jakkalse word gereeld gesien en daar was al besigtinge van rooikatte en aardvark. Standaard wildbesigtigingsritte is nie gepas vir kinders onder die ouderdom van 6-jaar nie.

Dag toere

Sibuya Wildreservaat bied ’n verskeidenheid daglange toere in die omgewing aan. Hierdie toere word deur professionele gidse gelei. Die toer bestaan uit ’n rustige bootvaart op die Kariega-river, gevolg deur ’n wildbesigtigingsrit en ’n middagete by een van die lodges.

Daar is halfdag en voldag toeropsies beskikbaar. Gaste kan met vooraf reëlings die toere ook tot hul voorkeur aanpas. Hierdie toere is ideaal vir troupartytjies, jaareindfunksies, verjaarsdae en ’n wittebrood.

Voëlkyk en Visvang

Die Kariega-rivier lok ’n oorvloed voëls en is daarom die ideale bestemming vir gretige voëlkykers. Daar is ’n rekord van omtrent 400 voëlspesis, om presies te wees. Die rivier en kus is rustige visvang plekke vir gaste wat bietjie lyn wil natmaak tydens hul besoek aan Sibuya Wildreservaat. Uiterse avontuurlustige gaste het ook die opsie om diepsee visvang aan te pak.

Addisionele en Opsionele Aktiwiteite

Kanoe avonture
Swem
Strand wandelinge
Pieknieks
Masserings en spa behandelinge
Perdry
Branderplankry