Perkte Bosveld Ervaring - Aktiwiteite
Samara Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Sarili Lodge is in die beeldskone Shamwari Wildreservaat in die Oos-Kaap geleë. Hier het jy die geleentheid om ’n verskeidenheid diere, veral die immergewilde Groot 5, van naby te aanskou.

Wildbesigtiging

Die reservaat is ook die tuiste van ’n groot verskeidenheid voëlspesies, insluitend roofvoëls, kiewiete, blinkvlerkspreeus, renostervoëls en slanghalsvoëls. Dit is ’n absolute voëlkykersparadys.

Wildbesigtigingsritte geskied twee keer ’n dag in oopdak-safarivoertuie by hierdie luukse safari akkommodasie vir die hele familie. Tydens die oggendrit is daar ’n geleentheid om ’n vars koppie koffie te geniet, terwyl jy kyk hoe die bosveld om jou ontwaak. Tydens die laatmiddagrit wag daar skemerkelkies in die bosveld op jou.

Buiten konvensionele wildbesigtigingsritte wat deur ervare en kundige gidse gelei word, kan gaste kies om deel te neem aan geleide wildstaptoere. Hierdie wild wandelinge sal jou nader bring aan die kleiner soogdiere en insekte wat gereeld in ’n voertuig misgekyk word. Jou gids sal ook waardevolle inligting aangaande spoorsny, mis-identifisering en die fauna en flora van die area met jou deel.

Kinders

Familiesafari’s is ’n tyd om mekaar beter te leer ken en saam kosbare herinneringe vir ’n leeftyd te maak. Sarili Lodge verstaan dit en bied daarom ’n “Kids on Safari”-program wat die jongklomp vermaak. Die program is ontwerp om terselfdertyd die belangrikheid van natuurbewaring te beklemtoon. ’n Toegewyde kinderkoördineerder beplan verskeie avonture vir die jong ontdekkers. Jou kinders is veilig en geniet hulleself, so jy kan ook.

Kinders van 4-jaar en ouer mag safari’s bywoon, terwyl kinderoppasdienste beskikbaar is vir jonger kinders.

Die Born Free Big Cat Rescue and Education Centre

Hierdie reddings- en opvoedingsinisiatief is in samewerking met die Born Free Foundation. Die sentrum se hooffokus is om wild in die wildernis te hou. Geredde leeus en luiperds van regoor die wêreld word na omgesien by die reddings- en opvoedingsentrums by Shamwari Wildreservaat. Die sentrum maak gebruik van opvoeding om die toestand van groot katte, weens die verlies van hulle habitatte, te beklemtoon. ’n Besoek aan die sentrum is ’n verhelderende ervaring.

Eetervarings in die Bos

Sarili Lodge bied die beste Afrika eetervarings deur gourmetsjefs aan. Die sjefs sal jou beïndruk met hulle besondere kookvernuf. Elke dis is ’n watertandlekker kunswerk en sal gaste met selfs die skerpsinnigste smaak tevrede stel. Ongeag of jy in die formele eetarea of in die buitelug tussen die natuurskoon eet, jy word verseker van ’n eetervaring wat jou vir altyd sal onthou.

Les jou dors na ’n lang dag met ’n yskoue bier, ’n glas wyn of skemerkelkies by die goed toegeruste en ten volle gelisensieerde kroeg op die perseel.