Perkte Bosveld Ervaring
Samara Privaat Wildreservaat, Oos-Kaap

Sarili Lodge bied luukse safari akkommodasie vir die hele familie in die Shamwari Wildreservaat.

Hoogtepunte

Akkommodasie vir die hele familie in ’n malaria-vrye area
Majestueuse uitsig van die Boesmansrivier, beeldskone sonsondergange en vele wild
Luuksheid en gemak vir ’n genotvolle safari in styl
Verhitte swembad met vlak area vir kinders
Bewarings- en gemeenskapsinisiatiewe

Jou Ervaring

Sarili Lodge kombineer moeiteloos ontspanne luuksheid met tradisionele Afrika safari-elemente. Dit is ’n familie bosveldwegbreek waarvan meeste mense net droom. Geleë in die malaria-vrye Shamwari Wildreservaat in die Oos-Kaap, Sarili Lodge bied wonderlike wildbesigtigings- en voëlkykgeleenthede. Die reservaat is die tuiste van ’n groot verskeidenheid dierspesies, insluitend die Groot 5.

Hierdie luukse safari akkommodasie vir die hele familie is elegant, tog ontspanne en verwelkom gaste van alle ouderdomme met ope arms. Vriendelike personeel is opgelei om te verseker dat al jou behoeftes na omgesien word en dat jou privaatheid ten alle tyde gerespekteer word.

Die paleisagtige suites is pragtig versier en behou ’n luukse, tog ontspanne atmosfeer. Die lodge sal vir jou soos ’n tweede tuiste voel. Die algehele ervaring by Sarili Lodge beloof om een van absolute genot te wees. Jy sal vertrek met kosbare herinneringe en ’n hunkering om terug te keer. Kom ervaar een van die mooiste bestemmings ter wêreld!