Sea Urchin
Seekastaiings
Algemene Familienaam
Seekastaiings
Wetenskaplike Naam
Echinoidea
Grootte
Tot 36 cm, gemiddeld 12 cm
Identifikasie
Die meeste het bolvormige liggame met kalsiumkarbonaat skulpe. Bedek deur penne in verskillende lengtes en dikte. Kleur wissel van swart, blou, groen, en wit tot oranje en rooi.
Algemene Inligting
Die Echinoidea klas val onder die Echinodermata phylum, wat insluit al die seesterre en die seekomkommers. Liggame is radiaal simmetries (soos die speke van ‘n wiel).
Beweeg op klein klewende buispote. Word aangetref op rotse of in die sand begrawe (Sand dollars). Kan ‘n pynlike wond veroorsaak met die steekpenne wat afbreek en infeksie tot gevolg kan hê.
Voeding
Leef van alge en afval.
Verspreiding
Kom voor in alle gematigde en tropies oseane van die wêreld.
Algemene Spesies
Flower urchin
Toxopneustes pileolus
Needle urchin
Diadema setosum
Slate pencil urchin
Heterocentrotus mammillatus