Klein Karoo Wildernisreservaat - Jou Verblyf
Montagu, Wes-Kaap

Toegevou tussen die indrukwekkende rotsformasies is Dwyka Tented Lodge, perfek vir paartjies op ’n romantiese wegbreek.

Jou Kamer

Dwyka Tented Lodge
Hierdie lodge by Sanbona Wildreservaat bestaan uit luukse tente met private dekke en Jacuzzis. Elke tent kom standaard met ’n klein kamerkroeg, kluis, en tee en koffie maak geriewe,’n en-suite badkamer met twee wasbakke en ’n buitelugstort. Daar is ’n gemeenskaplike ontspanningsarea met ’n vuurmaakplek en Wi-Fi. Daar is ook ’n private spa, wynkelder en buitelug boma. Geen kinders onder die ouderdom van 16-jaar word toegelaat by Dwyka Tented Lodge nie.

Gondwana Family Lodge
Hierdie familie-vriendelike lodge kyk uit oor die Bellair Dam en het ’n uitsig van die Anysberg-bergreeks in die agtergrond. Die lodge is vir families en klein groepe ontwerp. Daar is aanlopende kamers, ’n private dek, Wi-Fi en boma, televisie, ontspanningsarea en kaggel, binne en buite speelarea met ’n kindervriendelike swembad. Die lodge het ’n tweeling slaapkamer en ’n koning-grootte bed op die tweede verdieping met twee uittrekbanke vir kinders. Op die eerste verdieping is dit dieselfde ingerig. Daar is ondervloerse verhitting asook lugversorging. Elke kamer het ’n kluis, klein kamerkroeg, en-suite badkamer en stort met ’n bad en twee wasbakke. Die Kinders op Safari-program se opvoedkundige en vermaaklike wild aktiwiteite is hier gebaseer.

Tilney Manor
By hierdie wildreservaat bied die historiese Tilney Manor ruim oop-plan suites wat op ’n privaat balkon oopmaak. Met luukse ontspanningsareas, ’n private spa, ontspanningsarea met ’n kaggel en Wi-Fi asook ’n randlose swembad is dit die perfekte plek om te ontspan. Die kamers is toegerus met lugversorging, ’n kluis, klein kamerkroeg, tee en koffie maak geriewe, ’n kaggel, asook hom en haar buitelug storte. Die Relaxation Retreat, met die stoomkamer en sauna, is ontwerp om jou te laat ontspan. Slegs kinders ouer as 12-jaar is welkom by Tilney Manor.

Explorer Camp
Hierdie seisoenale rustieke kamp by Sanbona Wildreservaat laat jou toe om die Karoo te voet te ontdek, terwyl jy in luukse tente slaap en aande om die kampvuur geniet. Hierdie kamp is slegs gedurende die somer maande oop, tesame met die wildernis geleide twee-dag staproetes. Die seildoek-tente slap ’n maksimum van twee mense elk. Die kamp-style beddens is oorgetrek met heerlike beddegoed en daar is en-suite geriewe op aanvraag. Dit bestaan uit ’n emmer stort, toilet en seildoek wasbak. Sit jou voete op na ’n dag se stap en lê terug in jou hangmat wat deur inheemse bome geskadu word. Wildernis roete is slegs oop vir mense ouer as 16-jaar en jonger as 60-jaar.