Ontspanne Luuksheid - Aktiwiteite
Samara Karoo Wildreservaat, Oos-Kaap

Geniet die opwinding van ’n vroegoggend wildbesigtigingsrit oor die Samara vlaktes, begelei deur ’n kenner gids wat jou alles oor die wild en die habitat sal vertel.

Wildbesigtiging

Die tweede gedeelte van die vertoning vervolg in die koelte van die laat middag. Jou tweede wilsbesigtigingsrit van die dag bied jou die geleentheid om te sien hoe die diere na die watergate toe beweeg vir ’n laaste slurpie water voor hulle vir die aand wegkruip. Die nagtelike roofdiere word weer hierdie tyd wakker, so maak seker dat jy op die uitkyk is vir hierdie diere op pad terug na die kamp.

Bos Wandelinge

Ontdek jou wilde kant en los die voertuig by die huis. Verken die vlaktes te voet saam met jou gids en ontdek die kleiner diere wat in die reservaat woon. Leer oor die verskillende spore en reuke wat die diere agterlos en luister na die geluide van die bos sonder die gedreun van ’n enjin.

Verhoog al jou sintuie soos wat jy nader aan die diere kom en kyk in verwondering na hul grootte vanuit hierdie nuwe perspektief. Hierdie begeleide bos wandelinge sal ’n nuwe respek vir die natuur in jou opwakker.

Melkweg Sterrebed Ervaring

Die wildreservaat bied jou die geleentheid om ’n onvergeetlike romantiese ervaring met jou geliefde of familielede te deel – ’n uitslaap in die wildernis onder ’n kombers van sterre.

Begin jou aand met ’n privaat sonsondergang piekniek en ’n paar drankies met ’n uitsig oor die watergat. Daarna kan julle gemaklik in die groot hemelbed inkruip en saam na die sterre kyk en die konstelasies van die Suidelike Halfrond ontdek. Jou bed is op ’n platvorm geleë en kyk oor die savanna grasvlaktes uit.

Raak rustig onder die muskietnet aan die slaap met die bos se geluide in die agtergrond. Die volgende oggend word jy met sonsopkoms wakker en met ’n heerlike koppie koffie in die hand kan jy die natuur bewonder.

Bos Maaltye

Maaltye by die reservaat is heerlik voorberei deur hul bekende sjef en beloof om ’n onvergeetlike ervaring te wees. Maaltye word in die elegante eetkamer, aanlopend aan die goed gevulde kroeg, bedien. ’n Knus ontbytkamer is langs die kombuis geleë en kan ook as ’n studeerkamer gebruik word. Die disse is deur Afrika geïnspireer en spesiale dieetvoorkeure kan met voorafgaande reëlings gekook word.

Wanner die weer lekker is, kan jy ’n kerslig ete op die gras, onder ’n groot boom, buite in die bosveld onder die Afrika hemelruim, óf op die stoep wat oor die reservaat uitkyk, geniet. Die karoo-styl boma is die perfekte plek om ’n paar drankies voor ete te geniet.