Ontspanne Luuksheid
Samara Karoo Wildreservaat, Oos-Kaap

The Manor at Samara is ’n eksklusiewe villa in die Oos-Kaap wat ontspanne luuksheid aan vakansiegangers bied. 

Hoogtepunte

Eksklusiewe villa, ideaal vir familie safari’s
Melkweg Sterrebed ervaring – vir ’n romantiese uitslaap onder die sterre
Swembad met ’n uitsig oor ’n watergat wat gereeld deur troppe buffels, vlakvarke en ape besoek word
Kinders van alle ouderdomme is welkom en daaglikse kinder aktiwiteite is beskikbaar
Landingstrook op die perseel
Kinders van alle ouderdomme welkom

Jou Ervaring

As jy opsoek is na eksklusiwiteit en luuksheid sal The Manor at Samara al jou verwagtinge oortref. Geleë in die pragtige Samara Wildreseraat, hierdie villa bied jou die geleentheid om verskeie diere van naby te sien. The Manor at Samara kan as smaakvolle akkommodasie, met ’n historiese agtergrond en moderne geriewe omskryf word.

By hierdie ontspanne verblyf word gaste warm verwelkom en kinders van alle ouderdomme word toegelaat. Kinders oor die ouderdom van 8-jaar word op die wildbesigtigingsritte toegelaat. Die wildreservaat bied ook kinderoppassers en kinderaktiwiteite aan om die jongspul besig te hou, terwyl die ouers aktiwiteite kan geniet wat tot hul voorkeur aangepas word.

Die kamers is stylvol gedekoreer en straal elegansie uit. Daar was aandag aan elke detail gegee met die ontwerp van die reservaat, om seker te maak dat jy enige gerief aan jou vingerpunte het, soos gratis Wi-Fi.

Maaltye is onvergeetlik. Fynproewersdisse word deur hul bekende sjef voorberei terwyl jy op die stoep met ’n ys koue drankie ontspan.

The Manor at Samara is beslis een van die beste eksklusiewe bestemmings in die land. Hier omvou die natuurlike skoonheid die huis en kan jy uitstekende en persoonlike diens verwag. Jy sal soos ’n koning voel en dit moeilik vind om huistoe te gaan.