Tradisionele Boshut - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Daar is nege elegante grasdakhutte om van te kies by hierdie lodge in die Sabi Sands, elkeen met ’n stoep wat op die watergat uitkyk.

Jou Kamer

Die ruim suites het elk ’n en-suite badkamer en is met buitestorte toegerus. Besoekers wat verkies om in ’n meer afgesonderde omgewing te ontspan, kan een van die 4 suites wat in die bos weggesteek is, kies. Hierdie suites se oopplan-leefarea loop op ’n privaat stoep en klein swembad uit en is ideaal vir paartjies omdat hulle met twee wasbakke - een vir ‘haar’ en een vir ‘hom’ - spog. Al die eenhede is toegerus met lugversorgers vir verkoeling in die somer en verhitting in die winter.

Lodge Geriewe

Elke suite het ’n mini-kroeg met ’n verskeidenheid van drankies, ’n elektroniese kluis, haardroeër, foon, muskietnette en koffie en tee fasiliteite. Om ’n tradisionele safari ondervinding te verseker, is daar geen televisie in die kamers beskikbaar nie maar daar is wel internet fasiliteite in die ontvangsarea waarvan die gaste van gebruik kan maak.