Tradisionele Boshut - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Die vroegoggend of laatmiddag wildbesigtingsritte bied die geleentheid om die Groot Vyf te sien.

Wildbesigtiging

Arathusa is trots op die feit dat 6 tot 14 van die omgewing se luiperde op ’n gereelde basis besigtig word. Een van die luiperdwyfies, bekend as “Safari”, word gereeld naby die kamp opgemerk! Voêlkykers kan hulle in die meer as 300 spesies van voêls wat in die area voorkom, verlustig. Voêls wat as skaars beskou word, soos die Horuswindswael, is al verskeie kere naby die lodge opgemerk.

Stap Safari’s

Stap safari’s by Arathusa is ’n geleentheid om die bos meer intiem te leer ken. Hierdie leersame uitstappies word deur gewapende wildbewaarders en spoorsnyers gelei en bied gaste die geleentheid om die kleiner diere en plante van die bos te verken. Die beste tyd om aan hierdie uitstappies deel te neem is vroeg oggend na ontbyt - tensy jy verkies om vir ’n middagslapie terug te keer na jou kamer.

Spa Fasiliteite

Kom pamperlang jouself by hierdie uitmuntende Safari Spa. Arathusa Safari Lodge se gesondheidsentrum is ten volle toegerus om gaste ’n omvattende welstandsondervinding te bied. Die behandelingskamers kyk uit op die kamp se watergat en bied ’n rustige atmosfeer met opgeleide terapeute wat ’n wye verskeindenheid van behandelings kan toepas.