Tradisionele Boshut
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Arathusa Safari Lodge is tradisioneel en uitstekend vir ’n eerste safari ondervinding. Die lodge bied ’n outentieke ervaring aan in die Groot Vyf Sabi Sands-gebied.

Hoogtepunte

Meer as 300 voëlspesies kom hier voor en dra by tot genotvolle wildbesigtingsritte
Hoë konsentrasie en verskeidenheid wild, met gereelde luiperd besigtinge
Besige watergat reg voor die lodge met ’n swembad wat oor die watergat uitkyk
Luukse akkommodasie met uitmuntende diens teen bekostigbare pryse
Kinders oor die ouderdom van 12-jaar is welkom

Jou Ervaring

Kom ervaar ’n huislike atmosfeer te midde die ongelooflike wildlewe. Arathusa Safari Lodge is ’n tradisionele lodge wat in die Sabi Sands-gebied geleë is. Die Manyeledi rivier wat deur hierdie asemrowende eiendom loop, dra by tot die digte inheemse plantegroei waar daar om elke draai iets te besigtig is. Meeste van die diere wat hier voorkom is bekende inwoners in die omgewing. Seekoeie van ongeveer 5 tot 20 word gereeld in die watergat opgemerk, waar hulle heerlik ontspan.

Daar is ook ongeveer 14 luiperde wat gereeld op wildbesigtingsritte opgemerk word. Die oopplan-ontwerp en natuurlike boumateriaal laat die lodge in die natuurlike omgewing weg smelt. Dit is die ideale bestemming vir ’n enkel reisiger safari in Suid-Afrika. Daar is ’n gemeenskaplike ontspanningsarea, kroeg en swembad waar medereisigers kennis kan maak. Die smaakvolle disse verseker niemand by Arathusa Safari Lodge ly honger nie en etenstyd is ’n sosiale byeenkoms.

Hier word gaste bederf met ’n oorvloed van Afrika-geïnspireerde geregte, keurig in die tradisionele boma voorgesit met die natuurklanke in die agtergrond. Kinders ouer as 12-jaar is welkom en standaardtarief is van toepassing. Dit is die ideale bosveld wegbreek kans met alles ingesluit in hul vaste prys regdeur die jaar.