Liefdesverhouding in die Paradys - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Jou outentieke safari ervaring in Sabi Sand Wildreservaat sluit eksklusiewe 4x4 wildritte in.

Wildritte

Die oggendrit begin baie vroeg, maar dit is die moeite werd want daar word ’n verskeidenheid diere soos kameelperde, seekoeie, krokodille, verskeie watervoëls, vlakvarke, rooibokke, koedoes, bosbokke, sebras, olifante, buffels, leeus en luiperds gesien. Die nagritte is veral goed om luiperds te soek aangesien dit die tyd is wanneer hulle begin rondloop om te jag. Jy sal nagdiere soos ystervarke, rooikatte, sivetkatte, jakkalse en uile kry. Die hoogtepunt van hierdie wildritte is wanneer die spoorsnyer met ’n kollig in die bos skyn en jy help om die refleksie van die verskillende diere se oë uit te wys.

Stapsafari

Verbreed jou kennis van die Afrika bos met ’n stapsafari by Selati Camp. Jou kundige gids sal jou van die kleiner diere, plante en bome wat in die Sabi Sand Wildreservaat gevind word leer. Hierdie stapsafari vind net na ontbyt plaas en dit word in klein groepies gedoen om meer waardevol te wees.

Bos Etes

Na die aand se wildrit (omtrent 20:00) word aandete aangekondig met die blaas van ’n koedoehoring. Party van die spoorsnyer gidse sal vir ’n kort rukkie by jou in die boma (tradisionele hout omheinde sitplek) aansluit om die dag se wildbesigtigings te deel. Lê weg aan die Afrika-geïnspireerde kos en Suid-Afrikaanse wyne.

Amani Spa

Amani Spa is ’n bekroonde spa-groep wat spesialiseer in ’n Afrika Safari-spa by eksklusiewe Afrika-lodges. By Sabi Sabi Selati Camp bied hulle pasgemaakte behandeling pakkette aan vir alle geleenthede soos wittebrood, verjaarsdae en herdenkings. Kies tussen ’n verskeidenheid behandelings soos gesig behandelings, Sweedse masserings, “hot stone” masserings, manikure, pedikure, “deep tissue” masserings en vele meer. Ontspan na die vroeë oggend wildrit in die bos bad.