Die uitstaande kenmerk van Selati Camp is die perfekte ligging langs die Msuthlu-rivierbedding in die Sabi Sand Wildreservaat.
Sabi Sabi Selati Camp het 7 luukse grasdak suites met ’n vol en-suite badkamer en buite-stort. Elke suite het die volgende geriewe:
Haardroër
Waaier
Sitkamer area
Kroegyskas
Tee en koffie maak fasiliteit
Telefoon
Lugverkoeling
Ivory presidensiële suite: Hierdie luukse en ruim suite word gereeld deur gaste van hoë aansien bespreek. Hier het al verskeie bekende persoonlikhede, prominente sake figure en selfs koninklikes gebly. Dit het oorspronklike oudhede, ’n gedrapeerde hemelbed, privaat terras en ’n kaggel. Daar is ook ’n en-suite badkamer, kompleet met ’n Persiese mat, antieke “chaise-lounge”, privaat plonspoel en aparte aantrekkamer. Gaste wat in hierdie suite bly het ook die eksklusiewe gebruik van ’n safarivoertuig en die keuse om etes in die kamer te geniet.
Lourenco Marques wittebroodsuite: Hierdie romantiese suite is perfek vir wittebroodspaartjies en die romantikus van hart. Hier sal jy geurige blomblare op die koningsgrootte bed, sjampanje, kerse en algehele intimiteit kry.