Liefdesverhouding in die Paradys
Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Sabi Sabi Selati Camp bied ’n outentieke safari ervaring in die Sabi Sand Wildreservaat met al die gemak en bekoring wat daarmee saamgaan.

Hoogtepunte

Historiese kenmerke en koloniale sjarme
Twee eksklusiewe wildritte per dag
Wittebrood en presidensiële suite

Jou Ervaring

Hierdie gebied deel ’n grens met die Nasionale Krugerwildtuin wat onomhein is en daarom beweeg daar baie wild heen en weer. Dit is die beste gebied om die Groot 5 en veral luiperds te sien en by Selati Camp is die daaglikse wildbesigtigings ’n prioriteit. Kyk wild vanaf die dek of maak gebruik van die daaglikse 4x4 wildritte. Gaan stap in die bos saam met kundige Shangaan spoorsnyers en gidse.

Hulle sal seker maak dat jy kry waarvoor jy na Selati Camp toe gekom het en ook dat jy die foto’s het om dit te bewys. Selati Camp is uniek met sy historiese spoorweg tema wat hulde bring aan die verlede toe die eerste pioniers deur Suid Afrika met ’n stoomtrein gereis het.

Die hoofareas en die 7 luukse grasdak suites is met unieke memorabilia en oudhede versier en dit dra by tot daardie outentieke safari ervaring. Bo en behalwe die luiperds is die area ook gewild onder wittebroodspaartjies.

Snags verander Selati Camp se atmosfeer met die kerse en lanterns se lig en wêreldklas aandetes wat in die buitelug-omgewing bedien word. Die luukse Lourenco Marques wittebroodsuite bied ’n koningsgrootte bed, heerlike sjampanje, romantiese “turndown” diens en algehele privaatheid. Ongelukkig word geen kinders hier toegelaat nie behalwe as die hele kamp bespreek word.