Leopard Hills Safari Lodge Aktiwiteite
Sabi Sands Privaat Wildreservaat

Leopard's Hill bied ongelooflike wildritte wat gelei word deur entoesiastiese gidse van die hoogste kaliber met baie kennis.

Kykdek

Die Hoof Dek is die perfekte plek om die dag te spandeer met 'n stel verkykers. Die uitgerekte uitsig van die watergat bied jou 'n kans om wild soos Luiperd, Olifante, Buffels, Impala en miskien Wilde Honde te sien, as jy gelukkig is.

Wildritte

Jou gids sal jou vat deur die Sabi bos in 'n safari voertuig, met individuele sitplekke en armleunings wat af vou vir jou gemak en veiligheid. Wildritte word gedoen in die oggend of laat middag ure. Daar is ook tyd om koffie te drink in die oggend en in die laat middag ʼn drankie te geniet.

Bos Staptoere

Op hierdie staptoere sal jy kleiner diere en insekte ontdek wat soms mis gekyk word op 'n wildrit. Die staptoere vind plaas na die oggend wildrit en is ʼn intieme geleentheid wat omtrent 1-2 ure lank is. Langer staptogte kan bespreek word enige tyd en kan oggend wildritte vervang indien jy dit so verkies. Staptoere vind slegs plaas op versoek.

Wildlewe Fotografie

Diegene met 'n passie vir fotografie sal verskeie wenke ontvang van die gidse hoe om die perfeke foto’s te neem terwyl hulle op die wildritte of staptoere is. Die gidse is hoog aangeskrewe fotografie entoesiaste, met baie van hulle wat al aan internasionale fotografie kompetisies deelgeneem het, met baie goeie resultate.

Welstand

Die lodge se spa Sala behandelinge en gimnasium is baie populêr met die gaste. Behandelinge geskied in die privaatheid van jou suite of in die nuwe Sala, omring met vier mure van glas om jou 'n ongelooflike uitsig oor die bosveld te gee en met ʼn rustige atmosfeer. Vir die meer aktiewe gas gee die goed toegeruste gimnasium jou weer ʼn kans om energie op te bou terwyl jy die uitsig bewonder.

Troues

Hierdie vyf-ster lodge in die Kruger Park roem op sy reputasie van warm wêreld klas diens. Dit is die aandag aan die kleinste besonderhede wat die verskil maak by hierdie lodge. Paartjies wat hier wil trou het 'n keuse tussen 'n aantal trou pakkette. Gaste kan ten volle gebruik maak van die verblyf geriewe, soos massering, hare en grimering asook ʼn professionele fotograaf.

Alternatiewe Aktiwiteite

Warmlug-ballon ritte
Golf by Leopard Creek
Shangaan kulturele toere
Olifant ekskursies en interaksies
Helikopter vlugte