Jou Verblyf by Leopard Hills Safari Lodge
Sabi Sands Privaat Wildreservaat

Leopard Hills Safari Lodge is 'n luukse vyfster-ervaring in die Sabi Sand-wildreservaat in die Kruger Ntional Park, met 8 luukse suites.

Jou Kamer

Hulle is ruimlik en individueel versier met groot glas vensters, lugversorging, en waaiers in die dak. Koningsgrootte gemaklike beddens met kraakvars linne, dons duvets en kussings. Persoonlike aandag in elke suite sluit in notas oor die weer, Afrika gedigte en ʼn groot verskeidenheid van badsout en ander geriewe.

Die sitkamer gedeelte het ʼn gemaklike bank en voetstoel, perfek om te sit en ʼn koppie tee te geniet. Die en-suite badkamers het ʼn fantastiese uitsig oor die bos en sluit ʼn dubbel stort, toilet, twee wasbakke en ʼn outydse bad in.

Fasiliteite

Die kroeg en sitkamer gedeelte lok elke gas aan om te sit vir ʼn voorete drankie of vir drankies na ete en om lekker te gesels met ander gaste of met die gidse. Die professionele kroegman meng verskillende interessante mengeldrankies wat jy kan geniet deur die loop van die aand. Die biblioteek is pragtig gemeubeleer en het fantastiese reisgidse en boeke oor die natuur. Daar is ook n gimnasium en wassery waar jou klere gewas kan word.