Leopard Hills Safari Lodge
Sabi Sands Privaat Wildreservaat

Geniet skouspelagtige uitsigte vanaf elke aspek van Leopard Hills Safari Lodge met eindelose panoramiese uitsigte in die Sabi Sands Privaat Wildreservaat in Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Luukse verblyf met uitmuntende diens
Middag tee, bos ontbyte en boma aandetes
Verpersoonlike troues en wittebroods pakkette

Jou Ervaring

Die Leopard Hills Safari Lodge is trots op sy reputasie van warmte en wêreldklas diens. Dit is die klein dingetjies wat die verskil maak. Klem word gelê op die uitermate luukse en romantiese sjarme gekombineer met die onbetaalbare geskenk van privaatheid en die beste geleentheid om Luiperde te sien.

Die uitsig is die groot verkoopspunt by hierdie vyf-ster lodge naby die Kruger Nasionale Park. Die rotsagtige uitkyk waar Leopard Hills gelëe is die plek om te wees om die ongelooflike uitsigte te sien en na die geluide van die Afrika-bos te luister terwyl jy aan 'n Amarula warm sjokolade drankie teug. Soos die leeus in die omgewing sal getuig is die maaltye iets om na uit te sien. By hierdie vyf-ster lodge kan jy uitsien na ʼn silwer-diens maaltyd op jou private dek, met kerslig en lanterns.

Die Leopard Hills span gebruik plaaslike vervaardige bestanddele en gemoderniseerde ou klassieke bestanddele in jou maaltye, wat jou sal tevrede stel op alle maniere. Diere liefhebbers sal presies kry waarna hulle soek op die wildritte saam met hoogs opgeleide personeel wat gidse en spoorsnyers insluit.

Ontbyt word bedien na die oggend wildrit op die hoofdek waarna jy dalk ʼn vroëe middagslapie kan geniet...of jy mag dalk n bos staptoer meemaak om die kos af te stap en om nog wild te besigtig. Paartjies op wittebrood kan hul privaat plonspoel geniet of deel in die gesondheids spa se aanbiedinge, terwyl die fynproewers kan soek na die regte bottel wyn wat hulle wil geniet vanuit die private wynkelder.