Hedendaagse Safari Toer - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Wildbesigtigingsritte vind soggens en saans in ’n 10-sitplek, afdak-besigtigingsvoertuig plaas en neem gaste op ’n ongeveer 3-uur toer deur die bos.

Wildbesigtiging

Die voertuig het genoegsame ruimte vir kamerasakke, verkykers en groot koelbokse met peuselhappies en verversende drankies. Gaste kan hulle voorberei om olifante, luiperds, leeus, renosters, kudu, impala, wildebees, vlakvarke en kameelperde op hierdie ritte te sien. Dit is ook die perfekte geleentheid vir voëlkyk entoesiaste om hul aan die menigte voëlspesies te verlustig.

Jagluiperd Waarnemings

Die naam, Cheetah Plains, laat besoekers wonder of daar wel jagluiperds in die area voorkom...Die antwoord is ja, daar is jagluiperds in die Sabi Sands-gebied maar aangesien hulle baie skaam en bedreigde diere is, word hulle weinig gesien. Die lodge is vernoem na die jare toe jagluiperds nog in oorvloed voorgekom het. Van tyd tot tyd word daar tog een op die vlakte naby die lodge waargeneem.

Bos Etes

Na elke wildbesigtigingsrit word gaste eers die geleentheid gegee om hulself by die lodge te verfris voor etes bedien word. Ontbyt is ’n volledige Engelse buffet en met middagete word ligte, warm en koue, disse bedien. Middagtee word met heerlike gebak voorgesit terwyl aandetes uit ’n heerlike viergang-maaltyd bestaan. Aandete kan volgens gaste se voorkeur in die eetsaal of rondom die vuur in die boma bedien word.

Besoek aan die Plaaslike Gemeenskap

Tydens jou verblyf by Cheetah Plains kry gaste die geleentheid om saam met ’n gekwalifiseerde toergids die plaaslike gemeenskap van Meveleti te besoek om ’n binnestandersperspektief oor die gemeenskap se lewenswyse te kry. Die besoek is gewoonlik tussen 2 en 3 ure lank en beloof om insigewend en inspirerend te wees. Die werk wat deur die Buffelshoek Trust tesame met die ‘Student Movement for Real Change’ (SMRC) gedoen word, kan eerste-hands beleef word.

Troues

Sê die ja-woord by Cheetah Plains! Elke huwelikseremonie beloof om ’n unieke ervaring te wees. Aandag word aan elke detail gegee word en die diens en koördinasie is meesters. Die seremonie kan by die lodge, die rustige watergat of onder ’n boom in die middel van die bos - te midde van die wildlewe - gehou word.