Hedendaagse Safari Toer
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

’n Toevlug vir natuurliefhebbers, hierdie traditionele safari lodge in die Sabi Sands-gebied het aangename akkomodasie en uitnemende diens.

Hoogtepunte

Bosbok & Nyala beweeg vrylik tussen die chalets rond
Gespesialiseerde fotografie safari’s, ’n interaktiewe leer atmosfeer
Besoek die plaaslike gemeenskap en kry insig oor die Suid-Afrikaanse landelike lewenswyse
Volop wild deur die jaar
Slegs kinders ouers as 12-jaar is welkom by hierdie onomheinde lodge

Jou Ervaring

Cheetah Plains, een van die oudste boskampe in die area, bied ’n toevlug vir gaste wat die stywe ‘hotel in die bos’ ondervinding wil vermy. Dit is ’n plek wat jou hartsnare sal tokkel en wat jy werklik nie sal wil verlaat nie. Die uitmuntende personeel, met ’n hartlike verwelkoming en goeie diens, slaag daarin om alle gaste gedurende hul verblyf tuis te laat voel.

Die traditionele grasdak chalets is knus en gemaklik en bied alles wat benodig word. Die swembadarea is ontwerp met ’n ononderbreekte uitkyk oor die aangrensende watergat en sy inwondende seekoeie. Dit is ’n traditionele safari ondervinding in die Sabi Sands, waar heerlike Suid-Afrikaanse disse soos potjiekos en gebraaide kudu om die kampvuur bedien word.

Na ete kan gaste rustig insluimer met die bos se naggeluide in die agtergrond. Benewens die oggend en aand wildbesigtingsritte bied Cheetah Plains ook gespesialiseerde ervaringe vir fotografie entoesiaste. Daar is ook die geleentheid om Manveleti, ’n plaaslike gemeenskap wat aktief deur die lodge ondersteun word, te besoek.