Hedendaagse Safari Toer - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Cheetah Plains het slegs 8 kamers en een boshut en verseker ’n intieme ervaring.

Jou Kamer

Elke kamer is toegerus met ’n dubbelbed of twee enkelbeddens, ’n en-suite stort, lugversorging, digitale kluis en ’n muskietnet. Daar is ook ’n stoep wat uitkyk oor die lodge se tuin en die verdere Afrika bosveld. Die boshut het twee slaapkamers, gemaklike onthaal - en kombuisarea, stort, bad en ’n aparte toilet, digitale kluis, muskietnet, lugversorging asook stoeparea. Dit is perfek vir klein groepies of gesinne wat saam toer.

Lodge Geriewe

Swembad, geleë in ’n skaduryke area tussen Tambotie bome
Twee uitkykdekke oor ’n watergat waar diere kom water drink
Gemeenskaplike ontspanningsarea met ’n kroeg