SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedGeniet Afrika-styl - Sabie Sands - Aktiwiteite

Geniet Afrika-styl - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Die spoorsnyers en gidse by Inyati Game Lodge is goed opgelei en sal vir jou die park se beste wild opspoor.

Wildbesigtiging

Op die oggend wildbesigtigingsritte word komberse en warmwaterbottels aan gaste voorsien om hulle rit so gemaklik as moontlik te maak. Kyk hoe leeus aan 'n buffel verlustig, luiperds wat met hulle welpies speel en 'n baba impala wat sy eerste stappe neem - net sommige van die wonders van die bos. Voltooi jou rit met ’n besoek aan die seekoeie in hulle plaaslike poel vir 'n paar goeie foto's.

Bos Wandelings

Gaste ouer as 16-jaar kan leersame bos wandelings geniet. By hierdie intieme safari lodge in die Sabi Sands sal professionele opgeleide gidse voorsiening maak vir gaste se voorkeure en fiksheid vlakke terwyl hulle diere se spore, mis en wegkruipplekke, asook ‘n verskeidenheid voëls en kleiner wesens aan gaste uitwys.

Visvang

Visvang is 'n unieke aktiwiteit in die Sabi Sands Wildreservaat, wat slegs by hierdie lodge aangebied word. Inyati Game Lodge bied visvang as 'n ekstra aktiwiteit tussen wildritte aan. Alle toerusting word deur hierdie intieme safari lodge in die Sabi Sands verskaf en dit vind plaas in die Sand Rivier wat ʼn tuiste is vir meer as 37 spesies vis. Gaste word vergesel deur 'n gewapende veldwagter of spoorsnyer. Die gewildste vangs sluit babers, tiervisse en Clanwilliam geelvis in.

Vir die Kinders

Gaste onder die ouderdom van 16-jaar kan deelneem aan kindervriendelike stap safari’s, gelei deur ervare gidse. Kindersorg word deur Inyati Game Lodge aangebied en kan op aanvraag gereël word.
Kinders kan ook aan die Jong Veldwagter-program deelneem. Hierdie program leer hulle alles oor die voëls se geluide, hoe om spoor te sny en spore te identifiseer, hoe om die naghemel as 'n kaart te gebruik en watter plante as tandepasta, seep, toiltetpapier en selfs medisyne gebruik kan word. Aan die einde van die program word ’n Inyati Game Lodge Jong Veldwagter-sertifikaat ook aan die kinders uitgereik.