Geniet Afrika-styl
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Neem jou beste wildfoto’s by hierdie intieme safari lodge in die Sabi Sands-gebied, geleë op die oewer van die Sand Rivier.

Hoogtepunte

Leef in luuksheid by hierdie klein, intieme lodge
Gereelde besigtigings van die ontwykende luiperd
Gespesialiseerde opvoedkundige programme en vermaaklike aktiwiteite beskikbaar vir kinders
Visvang in die Sand Rivier
’n Fotograaf se droom; perfekte ligging met menige wild om af te neem

Jou Ervaring

Inyati Game Lodge is geleë in die westelike deel van die Sabi Sand Privaat Wildreservaat, wat 'n onomheinde grens met die Kruger Nasionale Park deel.
Bekend vir sy diverse en oorvloed wild, toegang is beperk vir die algemene publiek. Diere loop vrylik, gelukkig doen die toeriste nie. Dit beteken dat jy intieme wildbesigtigings kan geniet sonder hordes ander voeruite.
Inyati Game Lodge se gidse en spoorsnyers mag ook van die hoofpad afdwaal om te verseker dat jy so naby as moontlik aan die wild kan kom vir ’n prys-wenner foto, veral van die ontwykende luiperd.
Dit is nie net reisigers wat hulself by hierdie intieme safari lodge in die Sabi Sands tuimaak nie. Apies, nyala, impala en eekhorings is van die diere wat jy sal sien sonder om eers die lodge te verlaat. Inyati Game Lodge se uitgetrekte grasperk lei af na die rivier waaroor die besigtigingsdek gelig is. Hier kan jy kyk hoe die krokodille in die son bak, en die verskeie voëls wat afvlieg na die water dophou.
Hierdie intieme safari lodge in die Sabi Sands is perfek vir paartjies of families. Die grasdak suites is ruim en met sjiek meubels versier. Die beddens is so gemaklik, jy wil dalk nie eers vir jou vroegoggend wildbesigtigingsrit opstaan nie! Moet egter nie bekommer nie, by hierdie Inyati Game Lodge kan jy na ontbyt die bos te voet verken, of die opsie geniet om eers op die laatmiddag wildbesigtigingsrit uit te gaan.