Duidelik Verskillend - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Daar is ʼn opsie om deel te neem aan ʼn oggend of aand wildrit saam met Savanna Lodge se gidse/spoorsnyers met ʼn leeftyd se kennis van die Afrika bos.

Wildbesigtiging

Hulle het almal kursusse gedoen in die kuns van spoorsny vir die wildlewe in Afrika. Elke rit sluit in koffie of ʼn sonsondergang stop en drankies om die gaste op te kikker terwyl hulle aangaan met besigtiging in die Afrika bos. Kyk uit vir die Groot Vyf sowel as ʼn wye keuse van voëls en bokke.

Familie Safari

Savanna Lodge offer ʼn gesinsvriendelike safari in die Sabi Sands. ʼN kinderoppasser is ook beskikbaar ten alle tye sowel as ʼn opsie vir ʼn privaat voertuig, gids en spoorsnyer. Hierdie persoonlike wildritte neem al jou families se behoeftes in ag. Daar is ook ʼn spesiale nagapie program om te verseker dat die kinders besig gehou word terwyl hulle leer. Hulle kan deelneem aan verskeie programme soos spoorsny vir die Klein Vyf, leer van plante, tradisionele hare vleg, skoenlapper en gogga vang.

Etes in die Bos

Fynproewers etes is ʼn essensiële komponent in hierdie klassieke safari akkommodasie. Van volledige Engelse ontbyte tot kerslig etes met tradisionele disse. Aandetes kan op die dek van die hoof akkommodasie verblyf aangebied word, in die outydse trein kompartement of om die vuur in die opelug boma. Gaste word baie keer vermaak deur ʼn plaaslike koor of deur die spoorsnyers wat hulle stories kom vertel van hulle tye in die bos.

Kulturele Dorpie Toer

Gidse kan ook families of groepe neem vir ʼn plaaslike Shangaan dorpie toer. Lilydale word hier besoek. Jy sal 'n tradisionele geneesheer ontmoet en leer hoe mense in hierdie gemeenskap lewe en voedsel voorberei. Daar is ook kans om te sien hoe die tradisionele dansers hulle danse doen en/of om die Lilydale Primêre Skool te besoek.