Duidelik Verskillend - Jou Verblyf
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Daar is 3 executive tent suites en 1 familie suite, met elkeen hulle eie swembad, sowel as 4 luukse tent suites by Savanna Privaat Wildreservaat.

Jou Kamer

Hierdie Sabi Sands akkommodasie verblyf is trots op sy aandag aan besonderhede en uitmuntende persoonlike diens van die goed opgeleide en toegewyde personeel.

Executive Suites - 3: Stil en weggesteek offer hierdie suites in tente ʼn hawe van stilte vir rustige ontspanning na die opwinding van ʼn wildrit. Elke suite het ʼn groot badkamer met n bad, dubbel wasbak, dubbel stort en toilet sowel as ʼn buitelug stort. Die slaapkamer sluit in ʼn elegante sit area, glasdeure wat lei na ʼn dek en ʼn private plonspoel wat uitkyk op die watergat.

Luukse Suites - 4: Weggesteek onder die inheemse bome met ruig plante wat hulle afskei van mekaar, is die luukse suites die uiterste in gerieflikheid en privaatheid. Hierdie tent suites is van dieselfde standaard as die executive suites, wel net bietjie kleiner en sonder private plonspoele. Die slaapkamers lei uit op die private dek van elkeen met skilderagtige uitsigte op die bos en watergat.

Savanna Suite - 1: Ideaal vir families of groepe vriende en saam met die suite kry jy jou eie private hoofbediende wat regstaan vir bediening by jou aandete sowel as n privaat wildkyk voertuig met ʼn gids en spoorsnyer. Die suite sluit in 2 groot slaapkamers op elke kant met die sitkamer in die middel. Elke kamer het sy eie en-suite badkamer, met bad, dubbel wasbak, stort en toilet plus buite stort.Die slaapkamers het glasdeure met skerms voor wat uitloop op die dek met n plonspoel wat uitkyk oor die watergat. Die sitkamer het ʼn TV en DVD sentrum, plus ʼn leeshoek voor die kaggel. Glasdeure lei na ʼn groot dek wat in die skaduwee is en waar sonsondergang drankies en aandetes met kerslig genuttig kan word. Daar is ook ʼn ten volle toegeruste kombuis en gaste ruskamer.

Algemene Suite Fasiliteite

Lugversorging en lugwaaiers
Ingeboude elektroniese kluis
Ten volle toegeruste mini kroeg
Tee en koffie fasiliteite