Duidelik Verskillend
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Hierdie klassieke safari verblyf in die Savanna Private Wildreservaat vang die perfekte balans tussen die kultuur en wildlewe met khaki dekor vas.

Hoogtepunte

Aandete ervaring in ʼn outydse trein kompartement
Sang deur die plaaslike dorpie se koor
Verskeidenheid van fynproewers kos, geskik vir kinders

Jou Ervaring

Savanna Lodge, vergestalt die klassieke 'Out of Africa' safari gevoel met sy Khaki doek (canvas) dak en outydse dekor. Daar is verskeie elegante tent suites wat groepe en families kan huisves. Gelëe in die Sabi Sands, die area is ʼn perfekte plek om luiperds sowel as die ander Groot Vyf wild waar te neem.

Daar is fantastiese areas wat uitkyk oor die watergat vir die gaste om al die wild waar te neem wat kom water drink. Die personeel in hierdie klassieke Suid-Afrika Safari verblyf gaan uit hulle pad uit om ʼn verwelkomende en gerieflike atmosfeer te skep.

Gaste word getrakteer met verrassings soos borrelbaddens by kerslig met komplimentêre sjerrie na 'n wildrit, of privaat aandetes of die dek waar buffels hiënas en seekoeie verby kan loop. Daar is ʼn perfekte balans tussen kultuur en wildlewe by die Savanna Lodge.

Omdat dit naby die Lilydale dorpie gelëe is kan mens in die verte die geluid van die speel van tradisionele dromme en musiek hoor wat soms deur die kamp dryf.

Daar is ook die opsie om hierdie dorpie te besoek wat 'n wonderlike ervaring vir grootmense en kinders is. Hierdie gesinsvriendelike verblyf bied ʼn nagapie program aan wat die kinders besig sal hou. Middagetes sluit in ʼn verskeidenheid van vleis, groente en kaas disse, sowel as ʼn kinder spyskaart.