Ryp en Gewasse

© Louise Brodie

Op plase waar daar rypskade aan gewasse is, is goeie bestuur en optimale planting tydens die gewasse se groei periode, noodsaaklik om ryp skade te voorkom. 

Boere kan oesverliese as gevolg van ryp vermy deur sensitiewe gewasse te plant slegs wanneer die gevaar van ryp verby is. Dit mag nie altyd moontlik of prakties vir beoere wees nie, want dan mis hulle die goeie pryse deur eerste by die mark met hul oeste aan te kom. 

Oesverlies as gevolg van vroeë ryp kan verminder word deur in die middel of die tweede helfte van die somer te plant. Die gewasse het dan klaar gegroei voor dit begin ryp.

Dit is moontlik om vroeër te oes deur aan die einde van die ryp periode jou saailinge wat jy voorplant onder beskerming van die tonnels te plaas waarin jy gewasse groei. Wanneer die ryp gevaar verby is, kan die saadjies oorgeplant word in die veld. 

Kleinboere in die Oos-Kaap Provinsie groei mielies van saadjies, om vroëer groen mielies te hê.

Hoe om Gewasse teen Ryp te Beskerm

©Zeynel Cebeci

Tonnels in die veld
Klein “tonnels” kan gebou word van dun plastiekvelle wat soos kweekhuise optree. Hierdie plastiekvelle moet oor die saaitjies geplaas word en geanker word met grond sodat dit nie wegwaai nie.

Die temperatuur onder die plastiek kan baie warm word, so ventilasie mag benodig word. Haal die plastiekvelle af of verwyder die saaitjies gedurende die dag as dit prakties moontlik is. Onthou om na oestyd enige stukkies plastiek te verwyder, want dit kan ʼn risiko inhou vir diere wat in die omgewing wei.

Kweekhuise en Tonnels
In hoë ryp areas word groenteproduksie gedoen in kweekhuise of tonnels. Hierdie manier van doen kan baie duur wees en vereis goeie bestuur, maar 'n hoë opbrengs kan daarvoor vergoed. 

Die grootste voordele van groenteproduksie in kweekhuise word verkry as jy toegang het tot nabye groot markte in stede, of uitvoer naby ʼn internasionale lughawe. ʼn Goeie voorbeeld kan gesien word naby Krugersdorp. Die kweekhuis plaas area is naby Johannesburg en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe. 

In Vrugteboorde en Wingerde
In die 1950s is ou motor olie gebrand in dromme in die bergagtige Koue Bokkeveld in die Wes-Kaap se appel- en peerboorde op aande wat ryp skade verwag is. Dit was baie omgewingsonvriendelik omdat dit lugbesoedeling veroorsaak het, alhoewel dit hitte verskaf het..

In die 1960s is daar gebruik gemaak van oorhoofse sprinkelbesproeiing wat geaktiveer is deur termokoppel aktivering. Dit het geskied wanneer die lug temperatuur gedaal, en het temperatuur skakelaars gehad wat gestel is om te waarsku as dit gebeur.

Oorhoofse sprinkelbesproeiing is vervang deur drip en grond-vlak mikro-sprinkelbesproeiing wat deesdae gebruik word om ryp te verminder. In die Napa Vallei in Kalifornië, VSA word elektriese verwarmers met groot waaiers gebruik om warm lug oor die wingerede te waai om ryp te verminder.

Translated by Wilma Koeppen