Pragtige Berg Landskap - Aktiwiteite
Royal Natal Nasionale Park, KwaZulu-Natal

Die mees populêre aktiwiteit by Royal Natal Nasionale Park is ongetwyfeld die stap, ’n Gedetaileerde staproete-gids is beskikbaar om te koop by die Thendele Camp Visitor Centre, en by die hoof ingangshek.

Wandel- en Staproetes

Die brosjure het ’n kaart en beeld die ekstensiewe netwerk van staproetes duidelik uit. Van die rustige stap tot by Fairy Glen, tot die uitdagende roete op die Crack en af die Mudslide.

Otto se stap is goed gepas vir beginners. Daar is ’n roete wat gaan na die Tugela Gorge, deur die inheemse woude en oor die vlakte gevul met proteas en geelhoutbome. Die laaste deel van hierdie roete bestaan uit ’n klim op met ’n klein kettangleer tot by ’n ongelooflike uitsig van die Tugela-valle.

Vir die meer ervare stappers is daar die 45 km Mont-aux-Sources roete wat omtrent twee dae neem om te voltooi. Dit is moontlik om die punt van Mont-aux-Sources in ’n dag met ’n motor te bereik. Gebruik die Sentinel Parkeerarea aan die einde van die pad en koop ’n permit langs die pad. Hierdie daglange toer is vreeslik populêr. Besoekers word aangeraai om beskermende klere saam te neem, omdat die weerstoestande so hoog op die berg onvoorspelbaar is en vinnig kan verander.

Visvang en Pieknieks

Royal Natal Nasionale Park het uitsigpunte wat reisigers van oral oor, nie net stapliefhebbers, aanlok. Vir die wat slegs die skoon berglug en ongelooflike uitsig wil inneem is daar vele uitkykpunte en plekke om in helder bergstrome te swem. Die magiese Tugela-valle is een van die wêrled se hoogste watervalle en die ideale agtergrond vir ’n piekniek.

Forelvang is beskikbaar in ’n dam en in die Mahai- en Thukela (Tugela) riviere. Permitte kan by die Besoekers Sentrum gekoop word. Visvang word slegs op ’n “vang-en-laat-gaan” basis beoefen en die reëls word streng toegepas. Slegs hengeltoerusting mag gebruik word en die gebruik van ‘barbless’-hoeke word aangemoedig. 

Perdry

Rugged Glen se stalle by die Royal Natal Nasionale Park bied perdry geleenthede in die berge. Aanskou die berglandskap en rooi- en vaalribbokke wat klaarbleiklik geen vrees vir mense te perdrug het nie.

Swem

Swem in en roei op die riviere en strome by hierdie self-sorg akkommodasie in die Drakensberg is ’n veilige en populêre aktiwiteit. Veilig van bilharzia en populêr onder oud en jonk. Drink water vir die ontwikkelde area word uit die Mahai stroom bo die kampgronde getrek, en swem is daar in sekere areas streng verbode. Swem word ongelukkig ook nie toegelaat in die Vemvaan Rivier bo die Thendele, of in enige van die damme nie.