Pragtige Berg Landskap
Royal Natal Nasionale Park, KwaZulu-Natal

©Roger de la Harpe
©Roger de la Harpe

Royal Natal Nasionale Park bied self-sorg akkommodasie in die Drakensberg aan, met uitstekende staproetes en ’n fantastiese berguitsig.

Hoogtepunte

Oorvloed wandel- en staproetes
Perdry, swem, klim en voëlkyk
Forelvang (vang-en-laat-gaan)
Self-sorg akkommodasie vir groepe en families
Pieknieks by die Tugela-valle

Jou Ervaring

As jy opsoek is na ’n Suid-Afrikaanse vakansie bestemming waar jy jou liggaam en siel kan herlaai, moet jy nie verder as Royal Natal Nasionale Park kyk nie.

Sê ‘koebaai’ aan verkeer, stywe hotelle en hordes toeriste en sê ‘hallo’ vir oop spasies, mooi uitsig, golwende graslande, berge en watervalle. Hierdie self-sorg akkommodasie in die Drakensberg bied jou met absolute vryheid om die area op jou eie terme, in jou eie tyd te ontdek.

Hierdie KwaZulu-Natal natuurreservaat is ’n prima wegbreekbestemming, geleë binne die uKhahlamba Drakensberg Park. Die fokuspunt en aantrekkingskrag is die wêreld-beroemde Amfiteater; die mees erkende en dramatiese kenmerk van die Drakensberg-bergreeks. Hierdie magtige rotsmuur is omtrent vyf km in lengte en 500m hoog.

Royal Natal Nasionale Park het ’n klomp wandel- en staproetes om te ontdek. ’n Gedetaileerde gidsboek is vir besoekers by ontvangs beskikbaar. Kort reise neem omtrent ’n uur en langer ekskursies van ’n half of vol dag kan ook aangepak word. Die Mont-aux-Sources staproete is veral bekend en neem twee dae om te voltooi.

Die landskap is meer as net ’n paradys vir stappers - verskeie voëls- en plantspesies noem die verskeie habitatte in die area hul huis. By hierdie self-sorg akkommodasie in die Drakensberg kan jy die vallende water van die Tugela-rivier na ’n erge reënstorm hoor. Die Tugela-valle is ’n prentjiemooi agtergrond vir ’n piekniek.

Akkommodasie in die park word aangebied by die Thendele Rest Camp en Thendele Lodge, beide het ’n uitsig van die Amfiteater.