Pragtige Berg Landskap - Jou Verblyf
Royal Natal Nasionale Park, KwaZulu-Natal

©Roger de la Harpe

Die Royal Natal Nasionale Park in KwaZulu-Natal bied akkommodasie by Thendele Lodge, die kothuise en Thendele Kamp.

Jou Kamer

Thendele Lodge
Thendele Lodge bestaan uit ’n gemaklike ontspanningsarea, toegerus met ’n kombuis en drie en-suite slaapkamers. ’n Inwonende kok is beskikbaar om jou te help met maaltye maar jy sal egter jou eie bestanddele moet bring. Sateliettelevisie is ook beskikbaar. ’n Aandenkingswinkel op die perseel het ’n wye reeks aandenkings, asook basiese inkopies en voorraad.

Thendele Cottages
Daar is ook ’n kothuis met ses beddens beskikbaar, elk met drie slaapkamers, een badkamer, ’n groot ontspanningsarea, eetkamer en ’n kombuis. Die kombuis is ten volle toegerus met beddegoed, stoof, yskas, eetgerei en breekgoed. ’n Kok is beskikbaar om jou maaltye vir jou voor te berei. Jy moet jou eie voorraad gee.

Thendele Main Camp: Lower Resort
Die Lower Resort het self-sorg chalets beskikbaar, elk ten volle toegerus met beddegoed, eetgerei, breekgoed, stoof, ys-kas en kook gereedskap. Die twee-bed chalets bestaan uit 1 slaapkamer. Die vier-bed chalets bestaan uit 2 slaapkamers. Elke chalet word daagliks skoongemaak en het ’n amfiteater uitsig.

Thendele Main Camp: Upper Resort
Die Upper Resort by Royal Natal Nasionale Park bestaan uit self-sorg chalets, elk ten volle toegerus met beddegoed, breekgoed, eetgerei, stoof, ys-kas en kook gereedskap. Die twee-bed chalets het 1 slaapkamer, terwyl die vier-bed chalets twee slaapkamers het. Die chalets word daagliks skoongemaak. Al die chalets het ’n ongelooflike uitsig van die Amfiteater.

Fasiliteite

Piekniek- en braaiplekke
Ablusies
Ontvangsarea
Kantoor fasiliteite, insluitend internet
Selfoon ontvangs
Kinderoppassersdienste
Veilige parkering
Naby geleë klein winkel wat aandenkings, basiese geriewe en vuurmaakhout verkoop
Staptoergidse